Tuis

Gewilde skakels op Pienkvoete:Pienkvoete naam

Swangerskap week vir week

Bereken jou vrugbaarheid

Afrikaanse babaname A – Z

Tekens en Simptome van Swangerskap

Van bors na bottel: Hoe om jou baba ‘n bottel te laat aanvaar as jy moet teruggaan werk toe

Baba in gebreide blou kombersie gesiggie

Gaan gerus na ons Facebook bladsy as jy wil vrae vra of gesels, druk die ‘Hou van’/'Like’ knoppie en jy sal ook gereeld sien wat nuut is op Pienkvoete!

Pienkvoete is die eerste ten volle Afrikaanse webblad oor swanger raak, swangerskap, die ontwikkeling van jou baba, kraam en geboorte, keisersnee geboortes, natuurlike geboortes, tuis geboortes, babas, peuters, kleuters en selfs ‘n afdeling vir pappas.

Pienkvoete fokus ook op gesin en familie kwessies. By die babaname afdeling gee Pienkvoete vir jou die betekenisse, oorsprong, variasies en kan jou help om ‘n unieke babanaam te help maak.

Jy kan vir jou pienkvoet ‘n naam soek, meer leer oor hoe hy groei terwyl jy swanger is, pienkvoet-prettigheid beplan deur na die aktiwiteite vir babas en kleuters te kyk, probleme met jou pienkvoete oplos deur ons artikels oor daardie onderwerpe te lees. Ons sal probeer om hulp te verleen wanneer jy dit nodig het, raad te gee en jou te help om jou pienkvoet baba te geniet, lief te hê, gesond te hou en groot te maak!

Pienkvoete se visie is om gratis inligting in Afrikaans vir alle ouers vrylik beskikbaar te stel, sodat ouers ingeligte keuses kan maak oor swangerskap, geboorte en die groei, gesondheid en vordering van hulle baba.

Die doel van Pienkvoete is om inligting oor alle onderwerpe te plaas – inligting wat vertrou kan word om vir jou alle opsies moontlik te probeer verskaf vir die keuses wat jy as ouer moet maak.

Kontak ons of los kommentaar!

GENIET SWANGERSKAP! GENIET OUERSKAP!

 

 

baba speel drom

Stories en musiek om vir jou baba of kleuter te speel

Teen 20 weke van swangerskap kan jou baba al hoor en dit is ‘n goeie tyd om te begin om na musiek, stories en rympies te luister wat jy later weer vir hom sal speel wanneer hy gebore is. Wanneer baba die bekende liedjies, stories en rympies hoor help dit hom om rustig te raak. …

Read more

baba met sy hand op die oor

Jou baba se gehoor

Babas en gesonde ore Soos baie dinge in die lewe vat ons dikwels ons gesondheid as vanselfsprekend.  As oudioloog, maar ook mens, is dit ‘n jammerte as ‘n kind se gehoorverlies eers op ‘n laat ouderdom ontdek word. Babas se binne-oor begin al op week 4 van swangerskap ontwikkel en word al hoe meer volledig …

Read more

baba groei

Week 23

Omdat jou baba al kan hoor begin sy nou gewoond raak aan geluide wat elke dag deel van jou lewe is, en binnekort deel van haar lewe ook sal wees. Die hond wat blaf of die geluid van potte en panne as julle kosmaak, alles raak deel van haar wêreld soos wat sy al hoe …

Read more

swanger naarheid

Swangerskap Tekens en Simptome

Die enigste manier om defniteif te weet of jy swanger is, is om n swangerskaptoets te doen deur ‘n bloedtoets of deur ‘n tuis-swangerskaptoets. Tog is daar sekere tekens en simptome waarna jy kan oplet as jy dink jy kan dalk swanger wees. Elke vrou is anders en kan minder of meer simptome van swangerskap …

Read more

bekertjie voer baba

Van Bors na Bottel: wat om te doen as jou baba nie die bottel wil aanvaar nie

Wat om te doen as baba die bottel wegstoot en huil? Die belangrikste is om rustig en kalm te bly en baie tyd te hê om met jou baba te spandeer. Op hierdie manier maak jy die ervaring rustig en nie gejaag en stresvol nie. Troos haar eers en probeer dan weer die bottel vir …

Read more

baba met bottel op geel bersie

Van Bors na Bottel

Om jou baba te speen van die bors is ’n proses, nie ’n gebeurtenis nie en dit hoef nie ’n dramatiese ervaring vir jou en baba te wees nie. Wanneer mens die La Leche League benadering volg van “Stadig en met liefde” behoort dit in werklikheid vir jou en baba n positiewe ervaring te wees. …

Read more