«

»

Baba benodighede – wat baba alles gaan nodig hê.

baba pak inWanneer mens ’n baba verwag is daar soveel opwinding en soveel besluite. Een van die goed waaroor mens baie onseker kan wees is wat om alles te koop vir jou baba. Wat het hy nodig? Wat is onnodig?  Hoeveel moet jy van alles hê?

Hierdie lys sal jou help om georganiseerd te bly en seker te maak dat jy alles vir baba het voor die groot dag aanbreek!

Dit is nie nodig om al die tierlantyntjies vir ʼn baba te he nie, net die nodigste. Dit sal vir jou geld spaar sonder om gerief in te boet. ʼn Baba kan byvoorbeeld die eerste ruk in ʼn drabedjie wat plat is slaap, in plaas daarvan dat jy vir hom ʼn kot of kampeerkot  koop.

Om die lysie af te laai, kliek hier: Baba benodighede.

Alles wat met ʼn * gemerk is, is items wat opsioneel is. Jy kan dikwels iets anders in die plek daarvan gebruik of op ‘n manier sonder dit klaarkom.

Klere in die grootte ‘pasgebore’ (newborn) of 0-3 maande

Merk af Item

5 – 7 Eenstuk-pakkies (babygrows/ onesies)

5 – 7 vessies (wat vasmaak tussen die bene) – Sommige winkels (soos Edgars) verkoop oulike oorvou vessies wat mens nie oor die baba se koppie hoef te trek nie. Kyk uit daarvoor want dis baie maklik om aan te trek, veral vir ʼn nuwe, klein babatjie wie se nekkie nog nie sterk is nie.

5 – 7 voetbroekies (‘leggings’)

5 Warm buite-lagies soos truitjies, baadjies of ʼn baba-sweetpak baadjie met ʼn rits.

2 Mussies

2 Sonhoedjies vir die somer

5 – 7 Paar sokkies

5 – 7 Dag pakkies: kleertjies wat maklik aan en uittrek en wat baba in die dag kan dra. Sommige mense trek eers later vir baba aparte slaapklere en dag klere aan aangesien hy nog so baie slaap terwyl hy klein is. Hy het dan meer van sy dag-en-nag kleertjies nodig.

3 Borslappies

3 – 5 Lap doeke om as spoegdoeke te gebruik (As jou baba baie posseer na hy gedrink het sal jy dalk meer nodig he).

Doekgoed: As jy weggooi doeke gaan gebruik

Merk af

Item

3 pakke nommer 1 weggooidoeke (pasgebore/ ‘newborn’)

* drom vir die doeke

* 1 pak doeksakkiesmens kan ook plastiek inkopiesakkies gebruik.

* omruilmatrassie (‘changing mat’) – alternatiewelik kan jy ook  baba se doek sommer op jou bed bo-op ʼn klein handdoekie of waterdigte omruil-kombersie omruil. Mens kry baiekeer die waterdigte omruil-kombersie apart te koop in winkels (Checkers het soms) of in ʼn doeksak wanneer mens dit koop.

Boudsalf of kokos-olie (‘coconut oil’) om op die boudjies te smeer

3 – 5 Sagte lappies om baba se boude mee te was as jy doek ruil OF 2 pakke ‘wetwipes’

*Doeksak – enige sak of groot handsak kan gebruik word en jy hoef nie spesiaal ʼn nuwe sak te koop nie

Doekgoed: As jy lapdoeke of lap pasdoeke gaan gebruikdoeke

Merk af

Item

2 – 4 dosyn lap pasdoeke of gewone lap doeke

*8 waterdigte oortrek-broekies (‘waterproofs’) – sommige lap pasdoeke het dit nie nodig nie omdat hulle ʼn waterdigte lagie buite-om het.

*1 Doeksak vir nat doeke (‘wet bag) – mens kan ook gewone plastiek inkopiesakkies of ’n emmer gebruik om die nat doeke in te hou tot jy hulle kan was.

* 1 Emmer om vuil en nat doeke in te week

* Doekspelde – sommige lap pasdoeke het hulle eie knippies en drukkertjies en mens hoef glad nie doekspelde te gebruik nie

* Omruilmatrassie (‘changing mat’) – alternatiewelik kan jy ook  baba se doek sommer op jou bed bo-op ʼn klein handdoekie of waterdigte omruil-kombersie omruil. Mens kry baiekeer die waterdigte omruil-kombersie apart te koop in winkels (Checkers het soms) of in ʼn doeksak wanneer mens dit koop.

Boudsalf of kokos-olie (‘coconut oil’) om op die boudjies te smeer

3 – 5 Sagte lappies om baba se boude mee te was as jy doek ruil OF 2 pakke ‘wetwipes’

*Doeksak – enige sak of groot handsak kan gebruik word en jy hoef nie spesiaal ʼn nuwe sak te koop nie

Doek lappie (‘nappy liner’)

Badtyd en versorgingbaba in bad 1

Merk af

Item

2 – 4 baba waslappies wat nie ook vir sy boude gebruik word nie

Baba seep of ‘aquaes cream’ sonder parfuum vir sensitiewe vel

Baba shampoo vir sensitiewe vel

*Baba bad – jy kan ook ʼn wasbak of gewone skotteltjie gebruik. Daar is  ook baie voordele daarin om jou baba saam met jou of jou maat te laat bad.

3 Sagte baba handdoeke met kappies

Baba naelknipper

Baba borsel – party babas word met  ʼn welige bossie hare gebore

Watte om naelstring en ogies mee skoon te vee

Wecesin wondpoeier om die naeltjie mee te gooi nadat dit met alkohol skoongevee is

Aptekers alkohol om die naelstring mee skoon te maak (daarna gooi mens dit met bietjie wondpoeier)

*Krampwater/ Sister Lilian druppels of pilletjies vir winde en krampe

2 x 0-6 maande grootte baba fopspene – sommige babas soek die troos om aan ʼn fopspeen te suig terwyl ander dit glad nie wil he nie. Hou eerder dit byderhand en kyk wat jou baba verkies. Sommige mammas glo glad nie in fopspene nie. Lees meer daaroor en besluit wat jou standpunt gaan wees.

*Baba termometer – kry verkieslik een wat mens op die voorkop of in sy oortjie kan gebruik

*Babapoeier – om baba mee te poeier na badtyd

*Baba lyfroom of olie – vir baba massering na badtyd

 Slaaptyd – as baba in sy eie kot of ‘co-sleeper’ slaap.baba in kombers

Merk af

Item

Kot of ‘co-sleeper’

Goeie kot matras

3 waterdigte kot-lakens of 3 gewone kot-paslakens

2 – 4 Ligte kombersies vir warm dae

2 – 4 Snoesige kombersies vir koue dae

Ander items

Merk af

Item

*Kot (sien ook slaaptyd)

*Laaikas vir klere – jy kan sy klere in jou kas ook bere

*Stootwaentjie – jy hoef nie een te koop nie en kan dalk met ʼn drasak oor die weg kom. ʼn Drasak of buidelsak is baie goedkoper.Wanneer jy ʼn stootwaentjie koop, maak seker die sit-area kan heeltemal platslaan want ʼn pasgebore en baie klein baba moet plat op sy rug le en nie regop sit soos ʼn groter baba nie.

*Drasak/ buidelsak – besluit of jy een gaan gebruik

Karstoeltjie – meeste hospitale laat baba nie huis toe gaan as hy nie in ʼn karstoeltjie is nie. Kies die een waarin baba so plat as moontlik kan le aangesien ʼn sit-posisie nie gesond is vir ʼn klein baba nie. Dit kan winde veroorsaak en is sleg vir syy rugstring as dit vir lang tye gebruik word.

*Omruiltafel (‘changing table’)

*Skop-en-klap mat (waarop baba op sy maag of rug le en speelgoed kan skop en klap)

*Speelgoedkis

*Borspomp – sommige mammas wil uitpomp en ander wil dit gebruik om te help om hulle borste te stimuleer vir meer melk. Dit kan ook help as jou baba dalk in die NWE (neonatale waakeenheid) opgeneem word – as jy graag wil borsvoed kan jy solank jou borsmelk uitpomp en dit vir jou baba gee. Later kan hy dan leer om aan jou bors te drink en jy sal vir hom melk hê.

*Wiegstoel vir mamma

*Baba monitor – as jou huis klein is en jy baba sal hoor as jy in ʼn ander kamer is, is dit nie nodig nie

 Vir later

Merk af

Item

*Eetstoeltjie of insetsel vir ʼn gewone stoel sodat dit as ʼn eetstoeltjie gebruik kan word; sommige mense verkies ook ʼn Bumbo stoeltjie wat op ʼn tafel kan staan – wees egter gewaarsku dat ʼn baba NOOIT alleen in so stoeltjie gelaat mag word nie en jy moet ook glad nie jou rug op hom draai as hy in so stoeltjie sit nie.

*Veiligheidshekke vir babas as daar plekke in jou huis is sonder deure en/of trappe

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Pin It

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Powered by sweet Captcha