↑ Return to Babaname

Baba Name – Alfabeties

A B C blokkies van materiaalKliek op die skakels hier onder om na die name te gaan wat met daardie letter begin.

Dogtertjie name

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Seuntjie name

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

As jy die betekenis van ‘n spesifieke naam soek, los gerus ‘n navraag in die kommentaar boksie en ons sal dit opsoek.

Hierdie lys is nog nie volledig nie aangesien Pienkvoete se span klein is. Ons werk egter hard daaraan om alle afdelings van die webblad meer volledig te maak.

Indien jy ‘n spesifieke navraag het, laat weet gerus deur dit in die kommentaar boksie op die Babaname Navrae blad aan te vra. As jy name soek met ‘n spesifieke betekenis of wat met ‘n spesifieke letter begin, laat weet gerus en ons sal probeer om dit prioriteit te gee.

 

 

Pin It

118 comments

Skip to comment form

  1. Elaine

    Hallo daar,

    Ek is opsoek na mooi dogterjie & seuntjie name: My Naam is Elaine & my man se naam is Riaan.

    Dankie

    1. admin

      Elri; Anel; Anrinel; Niale; Ilani
      Lian; Lenli; Niel; Lourens

  2. Melanie

    Hi ek wil graag die betekenis van ons dogtertjie se naam weet… Melzaan
    dankie

    1. admin

      Die betekenis van Melzaan is nie defnitief bekend nie aangesien dit ‘n moderne naam of ‘n saamgestelde naam is.
      Dit kan vanaf die naam Melisande wees, wat beteken “so sterk soos ‘n dier” en van Franse en Duitse oorsprong is.
      Dit kan ook moontlik vanaf die naam Melissa wees wat beteken “heuningby” en van Franse en Griekse oorsprong is.
      Dit kan ‘n samestelling wees van ‘n naam soos Suzaan wat op -zaan eindig en Melinda wat met Mel- begin. As mens dus die oorpsronklike name weet kan die betekenis makliker opgespoor word.

  3. Chanel

    Hi julle… wie kan vir my se wat die betekenis is van Chanel (meisie naam)

    1. admin

      Chanel is ‘n naam van Franse oorsprong en beteken “pyp”. Dit kom vanaf die beroep pyp-makers en mense wat pype lê of in geboue installeer.
      Dit is ook bekend as ‘n van en is die van van die bekende ontwerper Gabrielle ‘Coco’ Chanel (1883-1971). Sy het die bekende Chanel parfuum gekies wat nou nog menigte mense se gunstelling is.
      Variasies van die naam Chanel is Chanell, Chanelle, Channell, Chenelle, Shanel, Shanell, Shanelle, Shenelle en Shynelle.

  4. Yolandi

    Hi

    Kan julle my asb laatweet wat is die betekenis van die naam Suné – Dogtertjie naam…
    Dankie

    1. admin

      Die naam Sunè kom heel moontlik vanaf die naam Susanna, wat beteken “wit lelie” en van Persiese oorsprong is.
      Dit kan ook ‘n variasie van die naam Sonja wees wat beteken “wysheid” en van Russiese oorsprong is. Sonja is die Russiese variasie van die Griekse naam Sophia.
      Dit kan ook moontlik van die naam Sunette afkomstig wees. Sunette is ‘n Deense naam wat moontlik vanaf die naam Susanna kom.

  5. Rianda

    Goeiedag,
    Kan julle asseblief vir my die betekenis van die naam Egbert gee?

    1. admin

      Die naam Egbert se oorsprong is uit beide Oud Engels en ook uit Germaans. Dit kom vanaf die woorde ‘egin‘ wat beteken ‘gehoekte swaard’ en ‘behrt‘ wat beteken ‘glansend’ of ‘skitterend’. Die naam beteken dus “skitterende swaard” of “glansende swaard“.
      Die eerste ware koning van Engeland se naam was Egbert. Hy het in die negende eeu geleef.
      Variasies van die naam is Ebert; Bert; Bertus; Ebertus; Eckbert en Egbertus.

  6. Charlene Kleynhans

    Ons het nog geen idee van geslag nie, maar name is nou ‘n algemene besprekingspunt onder almal in ons gesin. Ons het ‘n paar idees, maar nog name is baie welkom.

    Pa se naam – Johannes Petrus Fredrik (Noemnaam: Johan)
    Oupa 1 – Jan Gabriel (Noemnaam: Jan)
    Oupa 2 – Johan Christiaan (Noemnaam: Johan)

    Ma se naam – Charlene
    Ouma 1 – Catharina Johanna Barbara (Noemnaam: Rhona)
    Ouma 2 – Hester Magdelena (Noemnaam: Daleen)

    Dankie.

    1. Charlene Kleynhans

      Hello enige atwoorde al op bo genoemde vraag ?

      1. admin

        Daar is so baie opsies, dit gaan n rukkie vat om dit te verwerk en te plaas. Dankie vir jou geduld. Pienkvoete word op die
        oomblik oorlaai met versoeke vir name en dit neem baie tyd om elkeen te antwoord. Tussenin moet die span nog werk aan die artikels ook.
        Binnekort plaas ons vir jou ‘n paar name.

  7. Lize

    Goeie dag almal

    Asb help ons! Is opsoek na n regte afrikaanse seuntjies noem naampie. My man se naam is Nieko en my pa Adriaan, ons soek n naam met daardie gemeng, nieko + adriaan, ek het al gedink aan rieko maar ons is nie mal daaroor nie, HELP ASB?? Lekker dag :)

    1. admin

      Riaan; Drikus; Drian; Koenie/ Coenie

      1. Lize

        baie dankie, maar niks wat nog wow is of uitstaan nie, nog enige idees?

        1. Chanel

          Anriko/Anrieko

  8. Mandie Steynberg

    Hello, ek wil graag die betekenis van Awian weet.

    Danklie

    1. admin

      Awian is waarskynlik ‘n variasie van die naam Wian.
      Die naam Wian of Wian/ Wihan is een van die name waarvan die betekenis dikwels aangevra word. Sover wil dit voorkom of dit ‘n naam is wat afgelei is van die naam Wilhelm of Willem. Dan beteken dit dieselfde as Wilhelm, dus “sterk en vasberade beskermer”.

      Wian of Awian kan ook ‘n nuwe naam wees wat geskep is uit ander name, soos Riaan + Wilma = Wian/ Wihan/ Wiehan. Dan dra dit die betekenis van die name waaruit dit geskep is.

      Die beste en mees waarskynlike verklaring is op hierdie stadium dat dit as variasie van die naam Wilhelm ontstaan het en dus die betekenis “sterk, vasberade beskermer” het.

  9. Elna Moolman

    Hallo, kan julle asb help met n seunsnaam wat my en my man se name kombineer? Ek is Helena Cornelia (noemnaam Elna) en my man Coenraad Jacobus (noemnaam Conri). Baie dankie!

    1. admin

      Collen; Kobus; Helco; Janco; Ruben; Lian; Lianrad; Luan; Hanco

  10. madelyn van deventer

    Hi kan julle so gaaf as om my asb te help ek wil my man en my nam by mekar sit my naam is madelyn en my man se naam is chrisjan(cj)vir afkorting,ek wet nogi of dit n seun of meisie gan wees nie sal julle asb kan help!dankie bevorbart

    1. admin

      Dogtertjie name: Chrislyn; Madri; Marisa; Michlyn; Lynmarie; Lichen; Nadine; Miche (mie-she); Dijanie (die-ja-nie)
      Seuntjie name: Jayden; Dean (die-an of dee-n); Delyn; Jance; Chè; Rehan; Marc; Hanco

  11. Corne

    Goeie dag Mensies.

    Ek is op die 20 week merk van swangerskap & weet nog nie wat is die geslag nie. My man glo in die familie name & ek nie maar sal dalk nog 2 name 1 naam naam wil maak. Ek wil graag as dit ‘n dogtertjie is my naam (Corne) & my ma se naam (Lienie) meng & haar Lene noem maar ek soek die betekenis daarvan.
    Dan omdat my man graag familie naam wil gee as dit n seuntjie is het ek julle hulp nodig!!
    Ek wil regtig nie my arme kind straf met Cornelius Johannes Frederik Gerhardus nie & wil weet of julle dan kan help om meer moderne naam te kies om te meng van die volgende:
    My man is Frikkie (Frederik Pieter)
    Sy pa was Gert
    Oupa is Gerhardus Adriaan
    Ander Oupa was Frekie.
    Ek wil dit so afrikaans as moontlik hou sodat dit by ons van (Deysel) kan pas.

    Groot asb & dankie

    Groete

    1. admin

      Reg so ons sal bietjie dink!

    2. admin

      Betekenis van die naam Cornè: Die naam kom vanaf die naam Cornelia af wat kom vanaf die woord ‘cornu‘ wat beteken “horing“. Dit simboliseer adellikheid en koningklike status. Dit kan ook vanaf die woord ‘cornum‘ afkomstig wees wat beteken “werp-spies“.
      Die naam Cornelius was ‘n baie beroemde en ryk familie wat in Rome gewoon het. Die familie was bekend vir sy invloedryke en slim vroue.

      Lienie: Die naam is ‘n noemnaam vir name soos Arlene, Marlene, Lynette , Helene ensovoorts en mens sal moet weet wat die oorspronklike naam was om die betekenis vas te stel.

      Lenè: Dit is van Latynse oorsprong en beteken “sag, matig en syagtig”. Moontlik verwys dit na iemand met n saggeaarde persoonlikheid of selfs na iemand met sagte hare.

      Kombinasienaam van Frederik Pieter Gert Gerhardus Adriaan Frekie (Deysel)
      Erik/ Eric; Gerdian/ Gerdiaan; Dieter; Rikhard; Kired; Dirk; Riku; Regard; Hanrè

      Kombinasienaam met Cornelius Johannes Frederik Gerhardus:
      Cohan; Hanco; Louis; Lohan; Regard; Hanrè; Juan; Julius; Johardus; Niel

  12. Estie

    Goeie dag.
    My verloofde is geheel en al gekant teen familiename, maar omdat my ouers net 1 kleinkind gaan he, en my pa se van uitsterf omdat ek die enigste kind is (dogter), wil ek graag my ma en my pa se name vat of die van en ‘n unieke naam maak vir ons seuntjie wat oppad is.
    Help asb?
    Die name is: Everhardus Johannes Hester Cornelia Geldenhuis

    1. admin

      Seuntjienaam uit:
      Everhardus Johannes Hester Cornelia Geldenhuis

      Cornè; Helgard; Sven; Vehan; Vernon; Volcher/ Volker; Rean; Rohan; Lian; Devan/ Divan; Dell; Danru; Joan; Nardus; Loan; Stevan; Joch; Conner; Hanco/ Henco; Hernand

      2de naam uit: Christiaan Johannes Anna Sophia Catherina, asb

      Charl; Stian; Anno; Theo; Theard; Hanco; Cathcart; Arno; Joan; Sohan; Sean; Hiro

  13. meliska

    Hi
    Ons is opsoek na die betekenis van die naam Miane’(y) .

    Groete
    Meliska

    1. admin

      Die naam Mianè is ‘n nuwerwetse naam wat moontlik afgelei is van die naam Lianè en ‘n naam wat met ‘n M begin.
      Die naam Lianè is van die naam Lillian wat van Latynse oorsprong is en “lelie” beteken.

      Mianè kan ook ‘n variasie van die naam Mia wees. Mia het verskeie oorspronge:
      Mia kan vanaf Israeliese oorsprong wees waar dit gebruik word as die kort vorm van die naam Michel. Dit beteken “Wie is soos God?”
      In Latyns en Skandinawies is Mia die kort vorm van die naam Maria. Maria beteken “ster van die see“.
      Mia is ook ‘n variasie van die naam Miya, wat van Japanese oorpsrong is en “tempel” beteken.
      Verder is dit ook ‘n vorm van die naam Maya, wat van Sanskrit oorsprong is en “droom; illusie” beteken.

      Nuwerwetse name se betekenis hang af van die name waaruit hulle saamgestel is maar as dit ‘n naam is wat uitgedink is of tot stand gekom het deur met letters te woeker en speel moet mens na name kyk wat die naaste daaraan is.

  14. Sanja-Marie

    Hi,
    Ons verwag ‘n dogtertjie en soek ‘n naam met die twee oumas se name. Dis Ilse en Gertruida(trudie) As my naam ook kan in wees sal dit baie nice wees. My naam is Sanja-Marie .
    Dankie vir julle hulp

    1. admin

      Salise; Marilise; Ilse-Marie; Dalise; Germarie; Janalise; Rialise; Seline-Marie; Martelise/ Martelize

  15. Merise

    Hi

    Ons is opsoek na aflleidings van die name Johannes Gerhardus vir ons seuntjie asb. (Johan en Gerhard is reeds gevat)

    Lekker dag.

    1. admin

      Variasies van die naam Johannes: Hannes, Hanno; Hannu; Hans; Hansie; Ian; Ivan; Jack; Jan; Jannie; Jans; Jones; Jean; Joe; Joe; Jock; John; Joon; Joop; Juan; Juhan; Sean; Shaun; Zane
      Variasies van die naam Gerhardus: Gè; Geerhard; Geert; Gert; Gerard; Gerhard; Gerrie; Gerritl Hardus; Hardu

      As mens met die letters speel kry mens: Reghard; Duan; Richard; Hanjo

  16. Heidi

    Hallo,

    Ek wil graag die betekenisse hê van my twee pragtige seuntjies se name – Zander & Divan. Baie dankie.

    1. admin

      Die naam Divan/ Devan kom moontlik van die naam Devin. Dit het verskeie moontlike betekenisse. Uit die Ierse en Germaanse afkoms beteken “sanger, digter” terwyl die Franse afkoms die betekenis as “perfek, hemels” deurgee.
      Uit die Arabies is die woord Divan ‘n naam van ‘n sekere spesifieke leunstoel wat gebruik was deur digters en skrywers en die naam beteken ook dan “digter, skrywer, geleerde en wyse persoon“. In die ryk van Morokko wat deur die sultan regeer was, was die pos van Diwan die voorvoegsel vir elke minister se amp, byvoorbeeld Diwan al-Alaf was die minister van oorlog en Diwan al-Bahr was die minister van see.

      Xander kom vanaf die naam Alexander en beteken “beskermer van die mense; krygsman“. Dit is van Griekse oorsprong.

  17. Wilma Oelsen

    Goeie dag

    Ek is op soek na ‘n dogtertjie name, wat moontlik ‘n kombinasie van my en my man se name is. My naam is Wilma en my man se naam is Jaco.

    Dankie baie

    1. admin

      Wilene; Maja; Colene/ Coleen; Majancè (ma-jan-ke); Milan; Willa; Wera/ Vera; Jamina; Cia; Cilma

      1. Chanel

        Wilme/jacome

  18. Rose-Mari Richards

    Ek is opsoek na n seuntjie naam, my naam Rose-Mari en manlief se naam Brian saamgevoeg asb.

    Baie dankie

    1. admin

      As mens die lettergrepe of letters gebruik kry mens die volgende name:
      Roan; Riaan; Sean; Ben; Norman; Mario; Marion; Aaron/ Aron; Bastian (+t); Neo; Noa; Baron; Basil (+l); Ross

  19. madelyn

    hi ek is opsoek na n seuntjie en dogtertjie naam wat my en my man se naam saamvoeg my naam madelyn en manlief chrisjan kan julle help asb

    1. admin

      Marco; Janlo; Delyn; Rian; Hanco; Lyander; Chè

  20. Ansune van der Westhuizen

    Goeie dag

    Ek wil net graag die betekenis van ons dogtertjie Marlie (kombinasie van Oumas, Hanlie en Martiena) se naam kry en dan ons seuntjie wat amper met ons is, se naam gaan Loandre wees (kombinasie tusen twee Oupas, Louw en Andre). As julle my asseblief kan help.

    Dankie

    1. admin

      Die naam Hanlie kom vanaf die naam Johanna of vanaf die naam Hanna. Die naam Hanna beteken “begenadig” of “sierlik” en is van Hebreeuse afkoms.
      Die naam Johanna is ook van Hebreeuse afkoms en beteken “deur God begenadig”.
      Martiena beteken “strydlustige” en is van Latynse oorsprong.
      Die naam Marlie sal dan beteken “begenadigde strydlustige” of “sierlike strydlustige” of “strydlustige vrou wat deur God begenadig is”.

  21. chrisna

    Hallo julle ek is op soek na seuntjie name.
    my man se naam is paul,myne is Chrisna en oupa se naam is Riaan.
    kan julle my help met oulike naam met ietsie van die drie name in.
    baie dankie
    XXXX

    1. admin

      Die naam Ulrich het letters van al 3 name in. Dit is ‘n variasie van die name Alaric en Ulric en beteken “sterk, adellike en magtige heerser; so sterk soos n wolf; krag van die huis”.Ons sal aan nog name werk.

  22. Nadia

    Goeiemore!

    Kan julle my dalk help met die betekenis van Hanno/Hanu/Hano?

    Baie dankie en lekker week :-)

    1. admin

      Die naam Hanno word gebruik as afkorting vir die naam Johannes en beteken “Deur God begenadig”.

  23. Elane

    Soek ‘n naam vir ‘n dogtertjie asseblief.

    My naam is Elane
    pappa se naam is Jurie Wessel
    Oumas is Amanda en Janette
    Oupas is Deon en Louwrens

    Dankie

    1. admin

      Elanette; Eljana; Louwna; Rensia; Lamè/ Lamej; Elnette; Deanè; Delane (de-lei-nie); Welma; Seanè; Serina; Elwira; Werika; Landa; Amelda; Amelja; Amelia; Amorie/ Amorè; Janelda; Juarika; Elsamie; Deonette; Adanja

  24. Karien Pienaar

    Hall Pienkvoetspan,
    ek is opsoek na name vir seuntjie. My naam is Karien en my man is Daniel Johannes. Enige voorstelle?
    baie dankie

    1. admin

      Danru; Henk; Kean; Karl; Janko; Niel; Janderik; Derik; Jandrè;

  25. Karlene

    Goeiedag span,

    Enige idees vir seuntjie name? Pappa se name is Abraham Stefanus en wil dit graag in familie hou. Enige idees vir ‘n noem naam? Ons wil nie voor die tyd die geslag weet nie en moet dus seuntjie en dogtertjie name uit dink….

    Baie dankie

    Karlene

    1. admin

      Noemnaam vir Abraham Stefanus
      Hanu; Abrie; Stefaans; Ben; Faan; Fanus; Stef;

  26. amy-lu

    Heloooo…. Ek is 28 weke swanger en weet nogsteeds nie of dit ‘n dogtertjie of seuntjie is nie… Ek is al moedeloos gesoek almal se dis ‘n dogtertjie hehe. Ek wil iets uniek en spesiaal he en ek kry nie iets nie. My naam is Amy-Lu en my man se naam is Arno… Het jul nie dalk ‘n paar voorstelle nie?

    1. admin

      Luan; Armand;Ruan;
      Arle; Noa; Maya; Marly/ Marli

  27. alyssa

    hi ek soek asb dogtertjie name en betekenisse wat begin met die letters m.n.o.p.q.r.s.t.u.v.w.x.y.z

    1. admin

      Hallo Alyssa! Ek wens ons kon so vinnig werk en alles gou gou opsit. Ongelukkig is die span klein en een van ons spanlede is nou af met kraamverlof nadat sy haar baba gehad het.
      As daar iets meer spesifiek is waarmee ons kan help sal ons dit met graagte doen!

  28. Hanlie

    My dogter is swanger met klein Kristen. Ek wil graag die betekenis en oorsprong van haar naam (Kristen) hê, aangesien ek dit wil laat druk op mooi papier, lamineer en as n geskenk vir haar gee op haar ooievaarstee.

    Baie Dankie ek waardeer

    1. admin

      Die naam Kristen kom vanaf die naam Christiana. Dit is afgelei vanaf die Griekse woord cristos wat beteken ‘gesalfde’, en die Latynse woord christianus, wat beteken ‘volgeling van Christus’.
      Kristen beteken dus “volgeling van Christus“.

  29. Elzaan

    Ook as julle my dalk kan help dink aan seuntjie name…. My man se naam is Gerhardus Johannes Benjamin (Gert) en sy pa se names is Jacobus Abraham Adriaan.

    Baie dankie!

    1. admin

      Gerhan; Jandriaan; Janco; Bendriaan; Ben-Hannes; Bernard;Jannes; Hardus; Hadrian; Hanco;
      ‘n Paar spesifieke kombinasies is:
      Abraham + Gerhardus = Graham
      Abraham + Gerhardus = Armand
      Benjamin + Adriaan = Brian / Briaan
      Benjamin + Johannes = James
      Johannes + Jacobus = Hanco
      Benjamin + Adriaan = Barnard

  30. Elzaan

    Hi

    Ek het 2 vragies…

    1. Ek is besig om seuntjie name te soek en ek sien die skakels laat my net toe om te gaan tot by L by die dogtertjiename. Is daar ‘n ander manier hoe ek seuntjie name kan opsoek?
    2. Ek is nou 12 wekies swanger en ons het reeds ‘n naampie vir as dit ‘n dogtertjie is. Die naam is Maruzel. Dit is aamgestel uit my (Elzaan) my ma (Elsabe) en my skoonma (Martha) se name. Weet julle wat dit beteken?

    Dankie!

    1. admin

      Die ander name moet nog voltooi en opgelaai word. Die Pienkvoete span is baie klein en werk intussen ook bedags. Ons probeer om so gou moontlik alles klaar te maak, baie dankie vir die geduld.

    2. admin

      Die naam Maruzel kan ‘n variasie van die naam Marcelle wees.

      Die naam Marcelle is van Latynse oorpsrong en was afgelei van die Romynse god ‘Mars‘. Hy was die god van vrugbaarheid en ook van oorlog.
      Die naam Marcelle kan ook van Germaanse afkoms wees en dan beteken dit “een wat die woud beskerm“. In die verlede was daar spesifieke mense aangestel om die woude van die koning teen plunderaars te beskerm en te keer dat die diere te veel gejag word en te veel bome afgekap word. So is die natuurlike hulpbron dus beskerm.

      Indien mens die name vat waaruit die naam Maruzel saamgestel is, kry mens die volgende:
      Elzaan en Elsabe is altwee vorme van die naam Elisabet of Elizabeth. Die naam Elizabeth word saamgestel deur die woorde ‘El‘ = God plus ‘sjebang’ = eed. Dus: “aan God toevertrou” of “belofte van God“.

      Die naam Martha is van Germaanse oorsprong en beteken “edele vrou” of “meesteres“.

      Dus sal die naam Maruzel dan beteken “edele vrou wat aan God toevertrou is” of “edele vrou wat ‘n belofte van God is“.

  31. Elmarie Loucas

    Hi,

    Ek het uitgevind ek is swanger (groot glipsie), maar glo dis ‘n groot geskenk van bo aangesien ek swanger geraak het omtrent dieselfde tyd wat my pa oorlede is. Ek wil graag ‘n kombinasie naam vir die baba gee van my pa se twee name maar dis sulke moeilike name dat ek gehoop het julle sal my kan help. Ek soek ‘n dogtertjie en seuntjie naam as julle moontlik kan. My pa se name was Petrus Rasmus. Ek sal julle hulp regtig baie waardeer.

    Dankie baie.

    1. admin

      Ons sal dink aan ‘n paar voorstelle!

      1. Elmarie Loucas

        Baie dankie

    2. admin

      Dogtertjie name: Petru; Rea; Marea/ Maria; Sanrè (san-rie); Tea; Sumarè (soe-ma-rie)
      Seuntjie name: Erasmus; Armat; Peet; Rupert; Sas; Septimus; Truan; Ruart

  32. Jomien

    Hi

    Ons is op soek na seuntjie en dogtertjie name:

    My naam is Jomien en my man Dawie, die oumas en oupa’s is

    oupa’s: Stepahnus Hendrik & Hendrik Louis
    ouma’s: Margaretha Alberta & Elizabeth Anna.

    Hoe kan ons moontlik name daaruit kry.

    Baie dankie

    1. admin

      Hallo Jomien!

      Om kombinasiename te maak kan jy die volgende probeer:
      Vat van die lettergrepe van die name en voeg hulle by mekaar.Byvoorbeeld: Da (wie) + (Jo) mien = Damien vir n seuntjie.
      Probeer kyk wat ‘n naam sal wees as dit agteruit geskryf word. Bv Jomien = Neimoj. Verander dit om na ‘n naam te vorm: Neiomi/ Naomi vir ‘n dogtertjie.
      Speel met die letters deur dit te skommel en te meng.

      Jy kan ook die betekenis van die naam opsoek en dan name soek wat dieselfde betekenis het.

      Ons sal dink aan ‘n paar kombinasies met die name wat julle gegee het!
      Lekker name bou!

  33. Maroli

    Hi!
    As dit moontlik is kan julle vir my die betekenis gee van my 2 kinders se name. (As daar n betekenis is.)
    Dit is 2 name wat ek en my man bymekaar gesit het uit ons name. So ek twyfel of dit iets vir ander mense beteken. Vir ons is dit die samevoeging van 2 mense, en ek en my man glo elke kind is uniek en moet dus n unieke naam he sonder dat dit snaak klink.
    My dogtertjie is Corli en ons ongebore seuntjie wil ons graag Mico noem.

    Laat my asb weet wat julle kry.

    Baie dankie.

    1. admin

      Die naam Mico is ‘n variasie van die naam Michael/ Migael. Dit beteken “Wie is soos God?” en is van Hebreeuse oorsprong. Dit kan ook gespel word “Miko”.

      Die naam Corli is afkomstig van die naam Cornelia wat van Latynse oorsprong is. Die naam kom vanaf die woord ‘cornu‘ wat beteken “horing“. Dit simboliseer adellikheid en koningklike status. Dit kan ook vanaf die woord ‘cornum‘ afkomstig wees wat beteken “werp-spies“.
      Die naam Cornelius was ‘n baie beroemde en ryk familie wat in Rome gewoon het. Die familie was bekend vir sy invloedryke en slim vroue.

      Dit is nie name wat algemeen voorkom nie en is uniek en besonder met mooi betekenisse ook nog!

  34. Jacques

    Hi!

    Ons verwag ons eerste seuntjie oor drie maande en kan glad nie besluit op n naam nie, ons het al baie gedink oor Armand en Righardt.

    My naam is Jacques en my vrou is Maryke Magdalena Oosthuizen, kan julle moontlik help, ons name hoef nie noodwendig gekombineer te word nie, maar ons soek n naam wat goed kan werk in Afrikaans en Engels, bv. Zander of Diandre.

    Groete,

    Jacques

    1. admin

      Die naam Armand is van Franse oorsprong en beteken “soldaat, krygsman“. Die Duitse vorm van die naam is Herman.

      Righardt is ‘n variasie van die naam Reghardt wat weer vanaf die naam Richard afkomstig is. Dit beteken “sterke heerser” of “ryk en sterk” en is saamgestel uit die Germaanse woorde ric (heerser of ryk) en hardu (sterk).

    2. admin

      Hier is ‘n paar tweetalige (Afrikaans/ Engelse) seuntjie name:
      Alex; Andreas; Bjorn; Christian; Colin; Darius; David/ Dawid; Dieter; Dirk; Eduard; Emile; Erik/ Eric; Gabriel; Gideon; Graeme/ Graham; Gunter/ Gunther; Gustav; Hein; Hugo; James; Nathan; Juan; Carl; Keith; Leo; Lucas/ Lukas; Marcus; Marco; Martin; Matthew; Theo; Matt.; Neil; Nicholas; Otto; Phillip; Ralph; Roan; Robert; Ruben; Thomas; Vincent

    3. admin

      Hier is solank seuntjiename wat sal werk as Engels/ Afrikaanse tweetalige name:

      Alex; Andreas; Bjorn; Christian/ Christiaan; Colin; Darius; David/ Dawid; Dieter; Dirk; Eduard; Emile; Erik/ Eric; Gabriel; Gideon; Graeme/ Graham; Gunter/ Gunther; Gustav; Hein; Hugo; James; Nathan; Juan; Carl; Keith; Leo; Lucas/ Lukas; Marcus; Marco; Martin; Matthew; Theo; Matt.; Neil; Nicholas; Otto; Phillip; Ralph; Roan; Robert; Ruben; Thomas; Vincent

  35. Marile barnard

    Hallo

    Baie dankie vir jul oulike blad!

    Het jul dalk vir my die betekenis van die naam Barend?

    Baie dankie!!!

    Marilé

    1. admin

      Die naam Barend is ‘n variasie van die naam Bernhard. Dit is van Germaanse oorsprong en is saamgestel uit die woorde beno/ bern wat beer beteken en hardu wat hard of sterk beteken. Die naam beteken dus “sterk soos ‘n beer“. In baie Europese lande is die beer as die sterkste dier beskou en is as ‘n spesiale dier beskou.

  36. Michelle

    Goeiemore, ek kan glad nie na die dogtertjie-name verder as J kyk nie, kan glad nie daarop klik nie. Is daar ‘n probleem met jul webwerf? Dankie.

    1. admin

      Hallo Michelle,
      Die letters wat beskikbaar is maak oop, en die ander letters moet nog bygevoeg word. Ons werk hard om alles wat ons het getik te kry en doen vir elke naam ekstra nalees werk om seker te maak die betekenis is akkuraat. Dus vat die proses heelwat tyd.
      Die Pienkvoete span is ‘n baie klein span wat elkeen nog sy/ haar werk bedags moet doen, aangesien die webblad geen inkomste op hierdie stadium genereer nie.

      Ons hoop dus om so gou as moontlik alles voltooi te hê!
      Baie dankie vir jou ondersteuning! Jy kan Pienkvoete se Facebook blad ‘like’/'hou van’ HIER en sal dan sien wanneer n nuwe letter bygevoeg word.
      Ons gaan juis vandag die dogtertjie name letter K plaas.
      Groete

  37. Ilze

    Baie dankie vir julle vinnige terugvoer op my navraag van gister! Dit is vreeslik oulik en die betekenis van die name pas perfek!

    Kan julle asb vir my die betekenis van die volgende name ook gee”

    Ilze
    Elizabeth
    Emmarentia

    Baie dankie!

    1. admin

      Die naam Ilze is van Germaanse afkoms en beteken “kuis; rein“.
      Dit kan ook afgelei wees vanaf die naam Elizabeth.

      Elizabeth word saamgestel deur die woorde ‘El‘ = God plus ‘sjebang’ = eed.Dus: “aan God toevertrou;of belofte van God“.
      Die –s vorm is van die Grieks en –z vorm van Latyns.

      Die naam Emmarentia is van Latynse oorpsrong en beteken “die verdienstelike“. Dit is verwant aan die mans-naam Lourens en die vroue-name Rentia, Renske en kan ook verkort word na Emma.

  38. Christelle

    HI,

    Ons verwag ‘n Seuntjie en het nou al so ver gekom dat sy Doop Name – Pierré Adriaan of Adriaan Pierré sal wees. Ek hou baie van die Naam Dian as ‘n Noem naam ,maar sal eers graag wil hoor wat dit beteken.

    As Julle kan help sal ek dit waardeer.

    Dankie en Lekker Dag Verder Christelle

    1. admin

      Die naam Dian as noemnaam is vanaf die naam Adriaan afgelei, dus beteken dit dieselfde as die naam Adriaan.
      Adriaan is ‘n naam van Latynse oorsprong maar die betekenis is nie heeltemal duidelik nie.
      Dit kan moontlik betekenis “akker” vanaf die Latynse woord ‘hadria‘, dus is die betekenis “landbouer, akkerman“.
      Dit kan ook moontlik beteken “man van die stad Adria/ Hadira“.
      Adria was ‘n hawestad langs die Adriatiese see. Die naam van die stad, Adria, kom weer moontlik vanaf die woord ‘ater‘ af wat verwys na die geheimsinnigheid , donker water van die see by daardie stad.

    2. Christelle

      Dankie Julle :)

      Christelle

  39. Zona Swart

    Ek wil graag weet wat die volgende meisie name beteken – Sonita, Zona, Zarina en Lanè. U hulp word opreg waardeer..

  40. Diana Becker

    Enige voorstelle op naampies van my vorige request? Dankie xxx Diana

    1. admin

      Hi Diana! Hier is ‘n paar voorstelle uit die letters of lettergrepe van julle name:
      Seuntjie name
      Janus; Jaco; Ciano; Hanru; Thinus; Jaino; Manus;
      Dogtertjie name
      Hanna/ Hannah; Mia; Mariana; Jiamè; Hermiane; Dina; Thia; Thiana; Mera; Anceh (an-ke); Suna; Siamè; Sarina

  41. Leticia

    Goeie naand aan almal.

    Eks dringend opsoek na n seuns naam. My man is verskriklik moeilik om te please met n naam. Ekt al so baie voorstelle gemaak maar hy nou van niks. Groot asb help ons!

    Lekker aandjie verder

    1. admin

      Hi Leticia. Dit sal help as jy meer detail kan gee oor wat julle in gedagte het – ‘n Afrikaanse naam, tweetalige naam, kort naam, kombinasie naam?
      Dit sal mens ‘n idee gee waarvan julle sal hou.
      Groete

  42. Daleen Thessner-Marnitz

    Goeie More

    My naam is Daleen en my man se naam is Henry. Ek sal dit waardeer as jul dalk met n baie oorspronklike naam kan opkom. Sal graag ook ietsie wil he wat iets beteken soos God is Getrou of Geskenk van God.

    SOEK N SEUNTJIE naam. Ons was verlede jaar swanger met twee identiese seuntjies. Henre en H.J. Hul het dit egter nie gemaak nie en het veraltyd geimmigreer na Jesus.

    Dis elke dag nog baie seer maar ons weet God is getrou en die enigste een wat stukkende harte genees. Ons is weer nou 12 weke swanger.

    Baie dankie en mooi daggie vir julle
    Liefde groete
    Daleen Thessner-Manritz
    Lephalale Limpopo Provinsie

    1. admin

      Amadeus = “God se liefde”;
      Caleb = gewy aan God;
      Donato = “geskenk van God”;
      Emmanuel of Immanuel = “God is met ons”;
      Gabriel = “held van God”;
      Hans of Johannes of Heinz of Ian = “God is genadig”;
      Jairus = “God verlig”;
      Jehu = “HY is God”;
      Juan en Keon beteken altwee “God is genadig”;
      Matthias/ Matthew/ Matteo = “geskenk van God”;
      Nathan = “God het gegee”;
      Sean/ Shaun = “God is genadig”;
      Theo/ Theodore/ Theodorus = “geskenk van God”;
      Theophilus = “God se liefde”;
      Timothy/ Timoteus = “God se eer”;
      Zane = “God is genadig”.

  43. michelle

    Goeie dag

    Ek verwag is dogtertjie, kan julle asb help met n paar name?
    My naam is Michelle Grobler en my man is Riaan Gerhard Grobler.

    Dankie baie

    1. admin

      Mia; Michaan; Rielle (rie-el); Hanceh (han-ke); Mielle; Mieke; Elle; Ellarine; Chianè (sha-nei)
      Hoop dit help jou!

  44. Mariska

    Hallo julle!

    Ek is opsoek na mooi dogterjie & seuntjie name: My Naam is Mariska & my Man se Naam is Jannie of Johan.

    Dankie

    1. admin

      Marian; Janika; Johanika; Hanke; Marnie; Joriska; Sanke; Marina; Marinnie; Marnie

      Marno; Jomar; Hanko; Hanno; Jan-Marko

      Gaan gerus na ons facebook bladsy en maak n “wall post” met n versoek. Die Pienkvoete Facebook gemeenskap sal ook help met idees.

  45. MICHELLE GROBLER

    Goeie dag

    Ek verwag is dogtertjie, kan julle asb help met n paar name?
    My naam is Michelle Grobler en my man is Riaan Gerhard Grobler.

    Dankie baie

    1. admin

      Mia; Michaan; Rielle (rie-el); Hanceh (han-ke); Mielle; Mieke; Elle; Ellarine; Chianè (sha-nei)
      Hoop dit help jou!

  46. Chantelle

    Hi,
    Ons verwag ‘n dogtertjiem, en ek kry net nie die regte naam nie.
    My dogtertjie van 4 is vernoem na my ma, ha naam is Ria-Lee.
    Ons wil nou graag my skoonma vernoem haar name is Petronella Elizabeth von Moltke.
    Of dalk iets van my en my man ons is Adolff en Chantelle

    1. admin

      Lizanel; Adelle; Dochanelle; Ancebeth (an-ke-beth); Zanelle; Elizelle; Nellebè (nel-li-bie); Petelize;

    2. admin

      Ons Facebook lede het die volgende voorstelle gehad:
      Wat van liza-nel
      Nella-Bee (rym dan met haar sussie)
      of spel dit so: Nellabé
      Wat wan Dantelle.
      Linél?
      Adell ! Dan dit van van die pa en elk van ouma en ma??
      Zané
      Olivie
      Wat van chantey, of kira, claudine,?
      Wat van Zanell – afgelei van skoonma se name?
      Zanel, Elizna, – uit ma se name. Dante, Adelle – uit ouers se name

      Baie dankie vir elke FB lid wat gehelp het met idees! Julle is werklik kreatief!

      1. Chantelle

        baie dankie vir jul hulp!

  47. Diana Becker

    Goeie dag julle!
    Ek het n rukkie terug n boodskappie geplaas met die volgende vragie (ongelukkig sien ek nou nerens die “original” een nie)
    My naam is Diana en my man is Jaco (Jacobus Marthinus Hermanus) ons is opsoek na oulike naampies vir n seuntjie en n dogtertjie met ons name gekombineer, of net met ons individuele name.
    Ons het sover gedink vir n dogtertjie (Andia) maar nie 100% seker van n seuntjie naam nie… Help asb!!!

    Baie dankie!!!!
    Groete Diana

    1. admin

      Hi Diana!
      Ek onthou jou versoek en weet ons het antwoorde geplaas. Ongelukkig moes ons intussen die webblad hersien en deur die proses het al ons kommentare en navrae van mense verlore geraak.
      Ons sal spoedig weer vir jou ‘n paar voorstelle plaas.
      Groete en dankie vir jou volgehoue ondersteuning!

      1. admin

        Hi Diana!
        Hier is ‘n paar voorstelle uit die letters of lettergrepe van julle name:
        Seuntjie name
        Janus; Jaco; Ciano; Hanru; Thinus; Jaino; Manus;
        Dogtertjie name
        Hanna/ Hannah; Mia; Mariana; Jiamè; Hermiane; Dina; Thia; Thiana; Mera; Anceh (an-ke); Suna; Siamè; Sarina

  48. Amalia

    Hi,

    Ek wil graag ‘n naam vir my dogtertjie he, maar wil my ma en skoonma se name ‘meng’. As julle dalk vir my idees kan gee sal dit baie waardeer word. My ma se naam was Anna Cateriena en my skoonma is Leonie.

    Dankie Baie.

    1. admin

      Hier is voorstelle wat gemaak is deur die lettergrepe of die letters uit die name te gebruik:
      Anel; Leona; Ceoni; Ceonel; Caenne; Teoniel; Tacha; Aneri; Leanca; Leancè (lie-an-ke); Nalè; Anceh (an-ke); Reanna; Leana; Leanè; Caroli; Caleona; Rolien

  49. chrisna

    Goeie dag,
    Betekenis van die dogtertjie naam Thea/Thia?

    dankie!!
    Chrisna

    1. admin

      Die naam Thea of Thia is van Griekse oorsprong en kom vanaf die naam Dorothea wat beteken “Geskenk van God” of van die naam Theodora wat beteken “God se geskenk“. Wanneer die naam Thea nie van een van bogenoemde name afgelei is nie, maar op sy eie staan, beteken dit “goddelik” of ook “godin“.

      In die Griekse mitologie was Theia ‘n godin en die moeder van die son, maan en die sonsopkoms.

  50. Maretha

    Betekenis van die naam PETRI asseblief?
    Baie dankie

    1. admin

      Die naam Petri word gewoonlik gebruik as dogtertjie naam maar kan ook as seunsnaam gebruik word. Dit is ‘n variasie van die naam Petra of ook vanaf Petronella (in die geval van gebruik as dogtertjie naam) of Petrus (in die geval van gebruik as seuntjie naam).
      Dit kom vanaf die Griekse woord petros af wat beteken ‘rots‘.

  51. Danie

    Daar is HORDES baba name op die internet beskikbaar so julle gedagte om ‘n naamlys te doen is die herontwerp van die wiel, BEHALWE as julle ‘n lys van afrikaanse name gaan doen. Dit is waarvoor ek gehoop het, dit sou jul poging van waarde gemaak het, maar nou is dit net nog ‘n wit Toyota op die pad…

    1. admin

      Hallo Danie,

      Dit is jammer dat jy so voel. Ons werk tans hard aan die babaname in Afrikaans maar Pienkvoete is ongelukkig ‘n gratis webblad wat geen inkomste aan die Pienkvoete span genereer nie. Dus moet elke lid nog steeds aangaan met haar werk en na-uurs tyd bestee om Pienkvoete op te bou tot die webblad wat ons visie het. As jy enige spesifieke name soek, doen ‘n versoek daarvoor deur ‘n e-pos te stuur of kommentaar in die boksie te laat en ons sal eerste daaraan aandag gee.

      Groete!
      Rensche du Plessis
      Bestuurder, Pienkvoete

    2. admin

      Danie, ons het pas die Afrikaanse name wat tans beskikbaar is op die webblad geplaas. Daar sal jy talle oorspronklike Afrikaanse name met hulle betekenis en oorsprong vind.

  52. Stephan

    Goeie dag
    Ek wil net weet of gaan die babaname watmet ander letters begin eendag binne die volgende maand geaktiveer word of nie.

    Groete

    1. admin

      Binnekort sal ons al die letters wat op datum is aktiveer. Ons kan egter nie datums gee op hierdie stadium nie omdat dit baie tyd neem en ons ‘n baie klein Pienkvoete personeel span het. Gaan gerus op Facebook en ‘Hou van’/'Like’ ons blad – daar sal jy gereeld opgedateer word oor watter nuwe letters onlangs bygevoeg is.

Comments have been disabled.