«

»

Swangerskap Tekens en Simptome

Die enigste manier om defniteif te weet of jy swanger is, is om n swangerskaptoets te doen deur ‘n bloedtoets of deur ‘n tuis-swangerskaptoets. Tog is daar sekere tekens en simptome waarna jy kan oplet as jy dink jy kan dalk swanger wees.toets positief

Elke vrou is anders en kan minder of meer simptome van swangerskap ervaar. Dit kan selfs van een swangerskap na die volgende verskil.

Die simptome van swangerskap kom ook baiemaal ooreen met simptome wat mens kan ervaar net voor mensturasie en daarom moet mens altyd seker maak om ‘n toets te doen vir swangerskap indien jy vermoed dat jy swanger kan wees.

Hier is beskrywings van simptome wat kan voorkom indien jy swanger is:

Afwesigheid van menstruasie: Die simptoom wat die meeste vroue oplet is dat hulle menstruasie nie gebeur wanneer dit verwag word nie. Dit is ook die tyd wat meeste vroue n swangerskap toets doen omdat hulle dan vermoed dat hulle dalk kan swanger wees.

Ander toestande kan ook veroorsaak dat jy n maandstonde mis of dat dit net baie laat eers gebeur. Hormonale wanbalans, stress of wanneer jy ophou om die pil te gebruik kan alles redes wees wat veroorsaak dat jou menstruasie later as gewoonlik begin of vir n tyd lank afwesig is. Doen altyd n swangerskaptoets indien jy rede het om te glo dat jy dalk swanger kan wees – dit sal jou in staat stel om te weet of jy sekere medikasies kan neem en of jy moet begin om n swangerskap multivitamien te drink.

Implantasie bloeding kan dit ook laat lyk asof jy jou normale menstruasie het. Jy moet egter altyd jou dokter gaan sien indien jy bloeding het en jy weet dat jy swanger is.

Bloeding en krampe: Inplantasie bloeding is ligte bloeding wat kan voorkom van 6 tot 12 dae na bevrugting. Dit kan gepaardgaan met ligte krampe wat soos menstruasie pyne kan voel. Die krampe en die bloeding is nie so erg of intens soos wanneer mens jou maandstonde het nie. Indien jy ernstige krampe of hewige bloeding het, en weet dat jy swanger is, gaan sien so gou moontlik jou dokter.bloeding op doekie gestik

Dit word veroorsaak deur die embrio wat in die uteruswand (baarmoeder wand) himself tuismaak.

Daar kan ook n wit, melkerige vaginale afskeiding wees as gevolg van die wand van die vagina en serviks wat verdik. Die selle wat aanhoudend groei veroorsaak die afskeiding.

Hierdie afskeiding kan meeste van jou swangerskap voorkom en wanneer jy broekie doekies (‘panty liners’) dra kan dit jou onderklere beskerm. Indien jy egter agterkom daar is n slegte reuk of gejeuk moet jy jou dokter gaan sien, aangesien dit n teken kan wees van infeksie. Die dokter sal vasstel of die infeksie bakteries van aard is of deur gisselle veroorsaak word.

Krampe kan ook voorkom en dit kan baie voel soos ligte menstruasie krampe. As jy weet jy is swanger en krampe en bloeding kry, gaan sien eerder jou dokter om seker te maak jy en jou baba is nog gesond.

Kliek HIER om fotos te sien van implantasie bloeding.

<Waarskuwing: dit is grafiese fotos van werklike bloeding en almal is nie altyd gemaklik om sulke fotos te sien nie.>

Borste: Jou borste kan sensitief wees of vergroot voel en dit is vir sommige vroue een van die eerste tekens van swangerskap. Net na bevrugting verander n mens se hormoon vlakke drasties en dit kan veroorsaak dat die borste vergroot en sensitief is vir aanraking. Die area om die tepel, die areola, kan ook verdonker en groter word.

Na n paar weke sal die sensitiwiteit minder wees wanneer jou liggaam gewoond geraak het aan die hormoonvlakke.

swanger moeg

Moegheid: Omdat jou baba so vining groei, veral in die eerste paar weke van swangerskap, kan jy dus baie moeg voel.  Die moegheid kan begin so gou as n week na bevrugting. Dit word veroorsaak deur hoë vlakke progesteroon. Ander dinge soos lae bloedsuiker, lae bloeddruk en die feit dat jou liggaam nou baie bloed begin produseer kan ook die moegheid veroorsaak.

Rus dikwels en eet proteienryke kosse om jou ystervlakke aan te vul, sodat jou liggaam die boustene het vir ekstra bloedproduksie.

Gewoonlik raak die moegheid darem beter tydens die tweede trimester van swangerskap.

Duiseligheid: Lae bloedsuiker, lae bloeddruk en die vergrote bloedvate kan alles oorsake wees vir duiseligheid. Maak seker om gereeld klein gesonde etes te eet om bloedsuikervlakke stabiel te hou en staan stadig op.

honger swanger

Emosionele oomblikke: As gevolg van die hormone wat jou swangerskap onderhou is jy ook baie meer emosioneel as gewoonlik. Veral gedurende die eerste trimester (eerste drie maande) is mens baie emosioneel en huil soms baie maklik.

Honger: Wanneer mens swanger is moet die liggaam vir die behoeftes van die groeiende embrio ook voorsien. Dit veroorsaak dat mens ongeveer 300 meer kaloriee per dag nodig het. Probeer om meer proteiene in te neem, minder brood, rys en ander stysels en meer groente en vrugte. Om die ekstra kaloriee by te voeg is slegs klein bietjie ekstra kos per dag nodig.

Hardlywigheid: Omdat die progesteroonvlak in die liggaam hoër is tydens swangerskap, veroorsaak dit dat kos stadiger deur die spysverteringskanaal beweeg. Dit veroorsaak dat baie meer water in die dikderm opgeneem word en daarom kan mens hardlywig raak.

Hoofpyn en Rugpyn: Sommige swanger vroue kry ligte hoofpyne. Rugpyn kan ook meer gereeld voorkom. Indien jy ernstige hoofpyne kry, gaan sien jou dokter. ‘n Chiropraktisyn wat met swanger vroue werk sal moontlik kan help om die rugpyn te verlig.

Naarheid: Oggendnaarheid of naarheid deur die hele dag, is een van die mees algemene simptome van swangerskap. Dit gebeur omdat swangerskapshormone veroorsaak dat jou maag langer neem om  die kos te verwerk en leeg te raak. Dit veroorsaak weer naarheid.swanger naarheid

Sommige vroue is ook lus vir sekere kosse, of is afgesit deur ander soorte kos. Dit word ook deur die verandering in hormoonvlakke veroorsaak.

Meestal verminder die naarheid en kos-voorkeure of afkeure teen die 13e of 14e week van swangerskap, maar dit kan ook vir die volle duur van swangerskap aanhou.

Selfs al voel jy naar, probeer om gesond te eet. Jy kan gemmer tee drink teen naarheid.

Urineer gereeld: Baie vroue begin teen 8 tot 9 weke swangerskap om gereeld te moet urineer. Wanneer jy swanger is veroorsaak die hormone dat

Ander redes vir gereelde urinasie kan wees urienweg infeksie, diabetes of selfs te veel koffie en tee (wat urinasie verhoog). Gaan gereeld vir jou doktersbesoeke en maak seker jy is gesond. Wanneer jou uriene brand moet jy dokter toe gaan omdat dit ‘n teken kan wees van urienweginfeksie.

Reuk: Baie swanger vroue is dikwels sensitief vir reuke en kan baie beter as normaal ruik. Dit kan wees as gevolg van meer bloedvate in die neusholte en sommige geleerdes meen dat die funksie daarvan is om te verhoed dat mens kos eet wat sleg geword het.

Verhoogde basale temperatuur: Swangerskap veroorsaak dat mens se basale liggaamstemperatuur hoër is as gewoonlik. Net na ovulasie val mens se basale liggaamstemperatuur met n ongeveer een graad, en wanneer mens swanger is styg die basale liggaamstemperatuur weer met een graad.

 

 

 

Pin It

68 comments

Skip to comment form

  1. Rochel

    Hi Ek wil graag weet is dit moontlik dat ek kan swanger wees?
    ek het my maandstolling gekry en 5dae na dit het my borste begin seer raak en dis nou
    al amper 2 weke.

    1. admin

      Rochel, Dit is moontlik indien jy seksueel aktief is en nie gesteriliseer is nie. Voorbehoedmiddels werk nie altyd nie en dus is dit raadsaam om ‘n swangerskapstoets te doen of jou dokter te gaan sien.

  2. aj lee

    Ek ht n probleem ek en m kerel suke al vn laas jar of. Dt ek mt swanger rak ek ws 2jaar op di inspyting lst jar desember mand to begin ek ligies vloei en januarie ht ek nix weer gevloei ni to ht ek nou weer op di inspytng gegaan kan u m asb nt help hoe lank sl dt nu weer neem vordt ek swanger kan rak want ek en m kerel verlang na n baba

    1. admin

      Daar is baie redes hoekom jy kan sukkel om swanger te raak. Indien mens op die inspuiting was neem dit soms tot 12 maande voordat jou liggaam weer sy normale hormonale siklus herstel het. Dit klink of jy eerder ‘n dokter moet gaan sien sodat hy ‘n goeie ondersoek kan doen om te bepaal hoekom jy nie swanger raak nie.

  3. anoniem

    Hey.
    Ek en my man het gereeld sex! Ons het dit so 2 weke terug gedoen sonder n kondoom! My borste is al n paar dae redelik sensitief en my lae rug pyn ook! Kan ek dalk swanger wees?ek piepie ook redelik!

    1. admin

      Dit is ‘n moontlikheid maar om seker te maak sal jy ‘n bloedtoets of ‘n tuistoets moet laat doen. Daar kan ook ander redes vir die gevoelige borste, rugpyn en gereelde urinasie wees.

  4. Corlia

    hi
    ek het 29 Nov n evac gehad van my baba wat se hartjie ophou klop het op 7w. ek het antibodies wat die ontwikkeling beinvloed.
    my dokter het my op Ecotrin, Dostinex, Fertimed (1/2), Folic Acid & Glucophage gesit en my n kaart gegee en gese ek moet presies doen wat die kaart se en 2 dae voor ovulasie, op ovulasie en 2 dae na ovulasie moet ek en my man gemeenskap he. Ek het n ovulasie test kit gekoop en die dag wat die toets ‘n smily face gehad het en ek sulke snaakse krampe op my eierstok gehad het, het ons sommer die oggend en aand gemeenskap gehad en ek het probber so lank as moontlik stil le dat alles nou mooi hulle pad kan kry. dit was my 2e normale siklus na die evac bloeding
    Ek wil baie baie graag he dat dit moes gewerk het, wat dink jy is die kanse dat dit wel gewerk het en dat die bevrugte eiertjie wel nou afbeweeg na my baarmoeder?
    is daar enige toets wat mens kan doen of moet ek maar net die langdradige wag tydperk uitsit en sien wat gebeur het?

  5. Antonette

    Hay hay
    Ek wil net graag weet ek en my verloofde probeer al omtrent 7 maande vir n klein bondeltjie liefde
    . Ekt al n paar skuimswangerskappe gehad al die tekens als maar al die toetsies was negatief. Ekt ook nou die laaste
    Rukkie begin pyne kry op my barmoeder, baie meisies wat ek ken het al gese dat ek meskien moet
    Dokter toe gaan en gaan seker maak of daar nie dalk vout is nie. Die maand kry ek selfs ook baie kopseer en word naar,voel
    Baie opgeblaas en is self seer as ek op my maag le.my borste is ook n bietjie gevoelig en is gedurig moeg.ek gaan maar
    Kyk of ek my tyd kry die maand maar as ek nie doen nie het jul dalk vir my raad hoe om vinnig swanger te word.
    Ons soek baie graag n klein wonder werkie en ek wil baie graag my man verras met n positiewe toetsie op sy verjaarsdag in maart.

    Lekker daggie en mag die Here jul seen

  6. Minnie

    Hi. Ek het ongeveer 5 tot 6 weke laas seks gehad. En vir die afgelope week is ek ongelooflik naar. Maar wat ek nie verstaan nie is dat hy nie eers stuif was nie en ook nie gekom het in my nie. So ek worry of ek moontlik swanger is of nie.

    1. natasha

      Ek het so n naweek gelede seks gehaad en my saak is dieselfde as Minnie sin! *

    2. admin

      Wanneer mens onbeskermde omgang het is daar altyd ‘n kans, alhoewel kleiner as normaal, dat jy kan swanger wees, selfs al het jou man nie in jou geejakuleer nie. Maak seker of jy swanger is deur ‘n tuis-toets te doen of deur jou dokter te gaan sien sodat hy ‘n bloedtoets kan aanvra.

  7. mone

    Ek het nou al twee verskillende toetse gebruik,een toe ek n maand was en die ander een n week terug.Al twee was egter negatief!Hoe akkuraat is tuistoetse?My maag voel opgeswel,eet dus nie meer nie en het nog nie n maandstonde gemis nie…My maag voel net opgeswel.Staan soms op met n blaaspyn…en voel soms soos iets wat my knyp in my sy,voel ook bietjie ongemaklik as ek op my maag le.Verder het ek niks simptome nie.Dink jy ek kan dalk swanger wees?(5maande)of is dit net my verbeelding?Ohja,kan mens n baba se hartklop voel as jy jou maag druk?Alhoewel iemand my gese het daar sit n spier in jou maag wat klop!

  8. brigitta schultz

    Ek is op die pil, kry nog elke maand my maandsdonding my tepels is bie sensitief en as ek my tepels druk kom daar n souterige waterige vloeistof uit

  9. Anoniem

    Goeie dag

    Ek wil sommer net weet of jul al van die volgende getalle gehad het,want ek weet nie regtig wat om van die simptome te maak nie.
    Ek is vir die afgelope 8jaar op dieselfde voorbehoeding gewees en het November oorgeskakel na Qlaira. Het heel goed gevoel vir die hele maand.
    Ek en my man het intussen besluit om te probeer swanger raak en ek het die pil na die eerste maand gelos (dit was die 7de Nov). Ek het voorheen geen onreelmatige periodes/siklusse gehad nie(ook nie voor ek 8jaar terug op die pil gegaan het nie).
    Ek het dus nou nog nie n periode gehad sonder om op die pil te wees nie..wou eers n maand of twee natuurlik in my siklus kom voordat ons probeer. Ons het intussen gemeenskap gehad (om en by die dag wat ek sou ovuleer sou dit gebeur) en het steeds nie met my maandstonde begin het (Dis moes Donderdag 28 Nov begin het).
    Nou weet jul mos wat mens jouself kan verbeel juis omdat mens wil swanger raak! Ek het Saterdag n swangerskaptoets geneem en dit was negatief. Ek beleef (jammer) ergo erge hardlywigheid, my tepels is vreeslik sensitief (gewoonlik met menstruasie is my borste seer,so asof mens vog terughou..en voel groot), hierdie maand is slegs die tepels seer en my borste voel nie groot nie,my laer maag is seer soos asof ek moet begin menstrueer, maar soos ek se is daar nog niks nie.

    Ek wil eintlik net weet of ek moontlik mag swanger wees (of dit dalk te vroeg was vir n swangerskap toetsie) en of jul reken die simptome is maar agv die feit dat ek onlangs my pil gelos het.
    Hoor graag van jou.

    Groete*

    1. admin

      Dit is moontlik dat jy swanger kan wees. Sommige vroue raak sommer dadelik swanger sodra hulle van die pil af is, terwyl ander maande wag vir hulle liggaam om weer ‘n normale siklus te hê en swanger te raak.
      Dit kon te vroeg wees vir die swangerskap-toets om positief te wys. Toets dus oor ‘n week weer en daarna weer na ‘n week.
      Indien jy nog onseker is, gaan sien eerder jou dokter.
      Jou simptome kan egter ook wees as gevolg van jou liggaam wat hormonaal weer aanpas om sonder die pil te funksioneer.
      Baie sterkte!

  10. anoniem

    Hi
    Ekt verlede maand ni my menstruasie gekry nie ht dt dus op 1ste gkry. Ek en my kerel ht laas naweek seks gehad en sonder beskerming. Kan ek dalk swanger wees of nie. Het ook melkerige afskeiding gekry so dik en soms hoofpyne. Soms eet ek glad nie ander dae is dit baie. Die krampe het skielik begin voor ek menstrueer het. Wat gaan aan?

    1. admin

      Dit is altyd moontlik om swanger te raak as jy geen voorbehoedmiddels gebruik nie en seksueel aktief is. Jy kan egter ‘n gis-infeksie hê wat die melkerige afskeiding veroorsaak of iets anders. Die beste is om jou dokter te gaan sien en seker te maak wat die oorsaak is.

  11. larochelle

    Halo ek soek net raat,ek kry sulke slymerige jelly goet in my onder klere en ekt al die semtome van swanger wees. Hmm, ek wil uitnlik net meer uit vind oor daai jelly goeters .*ASB*en danQii*

    1. admin

      Die jellie-agtigheid kan wees as gevolg van ‘n vaginale infeksie. Indien jy dink jy is ook swanger, doen ‘n tuis-toets of gaan sien jou dokter. ‘n Apteker kan vir jou iets gee vir ‘n gis-infeksie maar dit is die beste om ‘n dokter te gaan sien sodat hy kan seker maak wat die fout is.

  12. lolly

    Hi
    Ek het n toets gedoen maar dit was negatief.
    Staan in di oggend op met n ligte blaas pyn,elke liewe oggend…..vir my lyk dit of my maag opswel by di dag…en raak al di afgelope 4 maande elke maand nog siek.
    Anders as daai voel ek fine,gaan my verbeelding op hol of het ek iets om oor bekommerd te wees?
    Wat moet ek doen?

    1. admin

      Indien jou swangerskap toetse negatief is en bly selfs na 4 maande wat jy toets, moet jy by n dokter uitkom sodat hy kan seker maak wat fout is. Jy kan dalk urienweginfeksie hê of ‘n hormonale wanbalans. Die dokter sal jou kan ondersoek om alle moontlikhede in ag te neem.
      Sterkte

  13. Sanet Potgieter

    Goeie More
    Ek het die volgende simptome, moeg, hoofpyn, naar gevoel op die krop van my maag en in my keel en so dik gevoel op my maag, konstant honger en gaan gereeld badkamer toe! Kan dit vroee tekens van swangerskap wees.

    1. admin

      Dit kan en jy sal moet toets om uit te vind of dit wel swangerskap is. ‘n Bloedtoets wat jou dokter doen is baie akkuraat en kan vroeg al vir jou ‘n resultaat gee.

  14. Marilet

    More, wil graag weet of ek dalk moontlik swanger kan wees….het ‘n week terug begin naar voel, meer van ‘n mislikke gevoel, toe begin my borste verskriklik seer word, staan soms op met sweibrand en kry hoofpyne. Ek het ook gevind dat ek meer moeg voel en dus aan die slaap raak op die rusbank as ek van die werk afkom. Mentruasie moes gister begin het maar niks het tot duvsver in plek geval nie. Sit tans met ligte trek en knyp krampe. Is dit dalk net hormone vir menstruaie of kan dit dalk dui op swangerskap?

    1. admin

      Dit kan wees dat jy swanger is maar ‘n tuis-toets of bloedtoets sal gedoen moet word om te bevestig. Soms neem menstruasie net ‘n paar dae langer om te begin as gevolg van faktore soos hormoonbalans, stres en ander redes.

  15. Anoniem ( V)

    Ek vermoed dat ek kan swanger wees.. Maar is nie seker nie. Dis nou al die 2de keer/maand wat ek my maandelike menstruasie mis, en daar was tekens van my borste wat sensitief was, en ekt agter gekom ek eet meer gereeld, en ekt agtergekom van n melkirige afskeiding, maar eks nog onseker of ek swanger kan wees want ekt geen tekens van naarheid of moegheid nie alhoewel dit voel of ek daagliks en die hele dag wil uitbrand van die hitte.. Kan dit wees dat ek swanger kan wees want ek het al n toets geneem en die toets het negatief gewys.. Moet ek dalk weer n toets neem? Help asb!!

    1. admin

      Dag Anoniem, Dit kan wees dat jy swanger is en jy sal nog ‘n toets moet doen of jou dokter moet gaan sien dat hy ‘n bloedtoets kan aanvra. Dit kan ook wees dat jy dalk net ‘n ongereelde siklus het of dat jy ‘n hormoon wanbalans het. Die beste is om ‘n tuis-toets te doen en indien dit negatief is, jou dokter te gaan sien sodat julle kan vasstel wat die rede is vir jou menstruasie wat ongereeld is of wegbly. Wees eerder versigtig met jou gesondheid as om te laat eers agter te kom dat daar dalk ‘n probleem is.

  16. Bekommerd!

    Ek het ongeveer ‘n week terug seks gehad saam met my kêrel.. Ons het dit nie lank gedoen nie en hy het nie in my ge-ejakuleer nie.. Ek weet nie wat om te dink nie want ek kan dit nie swanger wees nie!!! Ek weet ons het ‘n fout gemaak,, help my asb kan ek swanger wees??!!

    1. admin

      Daar is ‘n kleiner kans as normaal om swanger te wees. Die tydperk wat mens seks het is nie die bepalende faktor nie – so dit maak nie saak of julle lank of kort besig was nie. Die feit dat hy nie in jou ge-ejakuleer het nie beteken dat hy nie sy sperme in jou vrygestel het nie. Baie mense gebruik dit as gesinsbeplannings-metode, maar dit is nie 100% effektief nie en swangerskap kan nog steeds voorkom.
      Die beste is om kondome byderhand te hê indien jy graag wil seks hê en nie wil wag tot julle trou nie. Dit is een van die mees effektiefste metodes om swangerskap te voorkom en het die voordeel dat dit die verspreiding van meeste seksueel oordraagbare siektes ook beperk.

  17. NiNi

    Hi ek en my verloofde het so 3weke na 4weke terug gemeenskap gehaad,(eks nie heel temal seker nie)…Aan die einde van laas week het ek baie emosioneel begin raak,dan is ek gelukkig,dan hartseer,en dan sommer woedend vir als en almal,Ek kry permanent sooibrand,en my kop voel asof hy gaan bars,ek raak naar as ek iets snaaks ruk.Ekt vermoed eks swanger en het n tuis toets gekry en gedoen,dit was negatief,maar die hoofpyn bly,ek voel gereeld koorsig en is vuur warm,die sooibrand raak erger,die emosioneelgeid het net vererger,en ek bly moeg,al gaan slaap ek hoe vroeg,My borste lyk vir my grooter,ek raak ook baie duiselig,ek wil net weet moet ek dalk weer n tuistoets doen een of ander tyd?of is dit defnitief swangerskap?ek raak bekommerd

    1. admin

      Jy sal net weet of jy defnitief swanger is indien jy ‘n positiewe tuis-toets resultaat kry of jou dokter ‘n bloedtoets doen wat positief is. Die beste is om maar na n paar dae weer n tuistoets te doen en indien jy nog simptome ondervind na jou dokter te gaan. Hy sal seker maak of jy nie dalk siek is nie en kan ‘n bloedtoets aanvra om te bepaal of jy swanger is.

  18. Emma

    Hi Ek is 22weke swanger en wil graag weet hoeveel maande ek is…Wil ook wiet hoe n mens jou maand telling doen asb…Dankie

    1. admin

      Gaan gerus na ons blad om te sien hoe word die weke na maande omgeskakel – daar is ‘n oulike tabel wat dit maklik maak.

      Jy sal in die tabel sien dat 22 weke gelyk is aan 5.1 maande.

      1. Emma

        Dankie ek het dit gekry en dit help baie…Is dit normaal as ek nog niks bewegings voel ni, dis my 1ste swangerskap en al wat ek voel my maag word groter en harder…Ek sien elke maand my ginekoloog, was n week terug by hom en praat nie veel van bewegings nie net dat baba gesond is, groei ook en hartkloppings is daar…Is ek bietjie te haastig vir bewegings of moet ek dalk bekommerd wees?

        1. admin

          Baie vroue voel eers die baba op 24 weke of selfs later. Soms is die plasenta aan die voorkant van die baarmoeder – teen jou maag, en dan skop baba baie meer daarteen vas en die intensiteit van die skoppe is dus minder. Solank jou dokter gelukkig is kan jy ook rustig wees.

          Jy kan later in jou swangerskap begin om skoptellings te doen indien jy bekommerd is. (Sien http://pienkvoete.co.za/skop-en-trap-die-beweging-van-jou-baba-tydens-swangerskap/)

  19. Lidia

    Hallo ek het laas week en Vrydag gemeenskap gehad ek wou nie eintlik nie want wat Sal my ouers dink ens ek wil net hoor van hoeveel weke af Kan j sien jy is swanger en van hoeveel weke af Kan jy die simptome kry?Dankie.

    1. admin

      Meeste gewone tuis swangerskap toetse is eers teen ongeveer 5 – 6 weke akkuraat, maar daar is sommige wat al voor dit ‘n akkurate resultaat kan gee. ‘n Bloedtoets sal ook vanaf 4 weke akkuraat wees en jy kan jou dokter daarvoor vra.
      Tekens en simptome verskil van vrou tot vrou met party vroue wat vroeg al simptome het en ander wat deur hulle hele swangerskap gaan en amper geen simptome ervaar nie.
      Die beste is om jou dokter te gaan sien indien jy dink dat jy swanger is.

  20. les

    Hi,my meisie en ek dink dat sy moontlik swanger kan wees,maar sy ontken dit.Daar is simptome soos naarheid,moegheid(sy le omtrent elke dag),onglangs het haar borste ook sensitief geraak(maar dis darm nou oraait) en sy het hierdie maagkrampe wat haar baie ongemaklik maak en haar eet gewoontes het ook verander(sy het nou net vrugte lus_piesangs) en sy het nog nie haar maandstonde gekry nie wat sy gewoonlik in die begin van die maand kry.Kan dit dalk wees dat sy swanger is….

    1. admin

      Enige tyd wanneer mens seksueel aktief is bestaan die kans dat ‘n vrou kan swanger raak. Die beste is om ‘n tuistoets te doen en indien sy nog nie seker is nie, gaan sien die dokter en vra dat hy ‘n onderdersoek en bloedtoets doen.
      Amper geen voorbehoedmiddel is nie 100% effektief nie. Maak dus seker of sy swanger is en vra haar om ‘n tuistoets te doen.

  21. madelein

    Goeie middag. ………….. My borste het begin seer raak en ek is baie moeg en ek sit met hoofpyne. En ek kry sulke snakse goed in my onder klere en ek het dit nie met my eerste kind gehad nie en ek het al n tuistoets gedoen maar hy bly negitief wys ek word nie naar nie of niks nie met my eerste kind het ek nie morning sickness gehat nie ek weet nie of ek te vroeg ntoets gevat het nie en ek het 4kilos in n week op getel is dit normal en ek eet baie deesdae my rug is seer en ek het pyne gekry dit voel soos my minstrasie pyne en my onderklere het nat geword maar as ek gaan kyk dan is daar sulke snaakse goed in my onder klere ek het dit nog nooit so gehat nie die wit goed wat ek in my onderklere kry ryk snaaks en dit het sulke stukkies goed in wat die sle kleur is as die goed in my onderklere kan enige iemand my se wat kan vout wees is ek swanger of nie

    1. admin

      Indien die tuistoets negatief bly en jy dink jy is swanger sal die beste wees om jou dokter te vra om ‘n bloedtoets te laat doen. Die wit, slymerige goed wat sleg ruik kan wees as gevolg van ‘n swaminfeksie en het behandeling nodig.
      Gaan sien liefs jou dokter sodat hy al jou simptome in ag kan neem om ‘n diagnose te maak.

  22. Bee

    Halo ek is swanger ek weet ni presies hoe ver ni. X het verlede Donderdag begin menstrueer, was gister by di dokter. Maar vandg rvaar ek erge blaas pyne n die bloed is meer.ek het 2jaar gelede ‘n stillborn gehad. Di dokter het ook gister gese x ht infeksie in my blaas en x het pille davoor gekry.

    1. admin

      Dit kan alles tekens van ‘n dreigende miskraam wees en jy sal jou dokter op hoogte moet hou van wat met jou gebeur.
      Blaasinfeksie kan soms gevaarlik wees indien dit versprei na die geboortekanaal en die baarmoeder, maar jou dokter het jou op behandeling gesit en jy sal moet wag om te sien dat dit opklaar.
      Ons is baie jammer oor jou verlies van jou vorige baba en ons wens jou alle sterkte toe vir die toekoms!

  23. ilse

    Hello

    Ek is 22. Het so 6maande terug n miskraam gehaat waarna ek by n hosp was en hulle het my daar behandel. Probleem is ek het 5 maande laas my menstruasie gehaat en is raad op was al by 4 verskillende dokters laaste een het my op premarin gesit. En ek dink dalk ek is swanger. Eet erg baie , moeg, seer borste, soibrand wat ek ni kry nie. Of dit kan dalk net my hormone wees wat rond dinges swangerskap toets wys negatief.

    Groete xxx

  24. megan

    hallo julle ek is 20 en ek en my man probeer regtig om swanger te raak, ek vermoed dat ek swanger is want eks 5 dea oor my tyd en my kop is seer en hwt soms siibrand van simple goed, ons het by vriende gaan eet en ek was so ongemaklik na die tyd dat ek begin huil het so opgeblaas en ongemaklik het ek gevoel…… kan ek moontlik swanger wees, ek het vanoggend die detol toets gedoen en dit het net ‘n wit wolkie onder gemaak????

    enige raad sal help, ek wil net weet wat ek moet doen?

  25. Elsa

    Hi ek wil net weet ek was die maand 4 dae laat met my menstruasie en dit was net 3 dae waar dit gewoonlik 7 dae was. Ek het begin naar wod elke oggen en is baie moeg en duiselig. Ek eet myself in ‘n koma in en het so paar dae gelede opgemerk dat daar ‘n waterkleurige vloeistof uit my borste kom. Het al tuistoetse gedoen maar alles was negatief. Kan ek swanger wees?

  26. mariska

    hul het vandag nitrite positief in my uriene gekry beteken dit dalk dat ek swanger kan wees

  27. Burns

    Hi daar

    Ek vermoed ek is nou 1 maand swanger, maar wwet nie of dit miskien iets anders ook kan wees nie want het ‘n week na die omgang my maandstonde gehad. Maar eks nou reeds ampe ‘n week laat, die simptome soos blaaspyn en krampe is daar maar geen bloeding nie. Ek het die 2 de week na die omgang ‘n swangerskapstoets gedoen maar dit was negatief. is dit moontlik dat ek kan swanger wees?

  28. Emma

    Hi ek het vir die afgelope maande na ek my voorbehoed verlede jaar Okt maand gelos menstrueer ek die laaste week van elke maand. Verlede maand Junie het ek my menstruasie in die middel van die maand gekry. Ek het gedink dit sal weer die maand deselfde maar het dit nog nie gekry nie. Ek was 2 terug by my huisdokter vir my blaas wat na elke minuut vol was en as ek wil piepie dan is daar niks. Ek het gevra vir n swangerskap toets en was negatief, het my net medikasie gegee. Vir die afgelope tyd voel ek baie naar, verskiklik moeg by die werk, kry ook sooibrand wat ek nie gehad het nie en tepels is baie seer. Is dit dalk n teken van swangerskap of moet ek n bietjie wag vir my menstruasie voor ek weer gaan vir n swangerskap toets!

  29. sarel

    Goei middig man ek wil weet eke en my verloofde monique wil baie graag by julle hoor of dit moondelik is dat jy jou pms kan skiep??? Nog n vraag een van die swangerskap teekens dat jou niere seer is andersins het sy geen ander simtome nid asb latweet so gou as moondelik baie dnki

  30. mariska

    kan mens swanger wees as dit voel of alles onder uitval as mens piepie
    voete swel en voel self op geblaas maar het laas maand siek geraak

    1. admin

      Enige tyd wanneer mens seksueel aktief is (self wanneer mens voorbehoedmiddels gebruik) en jy lanklaas jou maandstonde gehad het, is swangerskap een van die toestande wat die dokter in ‘n ondersoek in gedagte sal hou. Almal kry nie al die simptome van swangerskap nie – sommige vroue is glad nie naar nie, piepie nie juis meer gereeld as gewoonlik nie en het ook nie ander simptome nie. Dit gebeur omdat elke persoon uniek is en op haar eie manier op haar hormone se veranderinge reageer.

      Soms kan mens selfs swanger wees maar weet nie daarvan nie omdat die implantasie bloeding soos ‘n ligte maandstonde gelyk het en selfs op dieselfde verwagte tyd in jou maand se siklus voorgekom het.

      Indien jy vermoed dat jy swanger is, doen ‘n tuis swangerskaptoets of gaan sien jou dokter sodat hy ‘n bloedtoets kan aanvra en moontlike ander oorsake van amenorea (afwesigheid van menstruasie) kan ondersoek.
      Dit is altyd die beste om eerder ‘n toets te doen en jou dokter te sien om seker te maak jy is gesond.

  31. Nadine

    Hi.

    Ek is nou 4weke swanger en vreeslik met sukkel met hardlywighwid. Wat kan ek doen om dit te voorkom?

    1. admin

      Eet elke dag vrugte en baie groente vir die natuurlike vesel wat daarin voorkom.
      Drink genoeg water en doen ligte oefening, soos om te gaan stap of te swem.
      Daar is ook middels by apteke beskikbaar wat natuurlike groentesuikers bevat wat kan help om jou hardlywigheid te verlig. Vra jou dokter of apteker daaroor en maak seker hulle weet dat jy swanger is.

  32. veronica

    Hi, dis nou al ² maande ₩ƌt Ɛk Niε̲̣̣̣̥ М̲̣̣̥γ̥ pms kry Niε̲̣̣̣̥ … Wil weet of dit n moontlike teken *̩Ƨ̷̜̩̌̋ van swanger wees … ??
    Want Ɛk word glad Niε̲̣̣̣̥ naar Niε̲̣̣̣̥ kry niks tekens van swanger wees Niε̲̣̣̣̥ …
    Maar Ɛk tel gewig op …
    Ɛk het al 3 toetse gedoen alles wys negatief …
    *̩Ƨ̷̜̩̌̋ dit n teken ???

    1. admin

      Dit klink eerder asof jy dalk ‘n hormoon wanbalans of ander toestand kan hê. Gaan sien jou dokter en bespreek al jou simptome met hom. Hy kan ‘n ondersoek en moontlik toetse doen om uit te vind wat dit veroorsaak.

  33. Annelize

    Hi wil net weet ek is nou so 6 weke swanger maar het vir die laaste 2 weke ligte bloeding, amper niks die laaste twee dae is dit vir my bietjie meer as normaal weg. Het nie erge krampe nie net ligte drukking. Sien die ginekeloog eers oor twee weke. Wil net bietjie raad vra moet ek eerder vroeër ingaan om seker te maak als reg of maar vir die volgende 2 weke wag. Daar is geen krampe.

    1. Pienkvoete Bestuur

      Die bloeding kan implantasie bloeding wees en is nie altyd met krampe geassosieer nie. Omdat jy in elk geval ‘n afspraak by die dokter het, sou dit moontlik wees om net bloot te kyk of die bloeding erger word. Indien mens op hierdie stadium ‘n miskraam kry is daar nie juis iets wat ‘n dokter of jy self aan die saak kan doen nie. Probeer eerder om rustig te bly, hou die bloeding dop en gaan sien jou dokter indien jy hewig begin bloei.

  34. Anina Joubert

    Goeie dag

    Ek wil graag weet of sooibrand ook van die swangerskaptekens is?
    Ek het so 2 weke gelede verskriklik sooibrand gedurende die dag begin kry saam met n klein biedjie naarheid, moegheid, ek urineer ook myself dood. Is dit moontlik dat ek swanger kan wees, ek is so amper 2 weke laat.

    Is dit veilig om rennies en gaviscon te gebruik?

    Baie dankie
    Anina

    1. admin

      Hallo Anina,

      Gaviscon en Rennies is albei veilig gedurende swangerskap. Noem egter aan jou dokter dat jy dit vir sooibrand gebruik wanneer jy hom weer sien en jy swanger is.

      In enige maand wanneer ’n gesonde egpaar probeer om swanger te raak, geen voorbehoedmiddels gebruik of ander medikasies wat jou vrugbaarheid negatief affekteer nie, is die gemiddelde kans ongeveer 15 – 20% dat jy in ’n gegewe maand kan swanger raak.
      Dit hang egter ook af van jou gewig, ouderdom, leefstyl, hoe gereeld julle omgang het en of jy enige chroniese kondisies het.

      As jy tekens of simptome van swangerskap ervaar kan dit wel wees dat jy swanger is, maar dit kan ook wees as gevolg van normale hormonale fluktuasies in jou liggaam.

      Die beste is om maar ’n swangerskaptoets te doen en seker te maak. Sodoende kan jy vooruit begin beplan vir dokters-afsprake, swangerskap-vitamienes begin neem en ander reëlings tref.

      Baie sterkte!
      Die Pienkvoete span

  35. Greselda

    Hi ekke menstrueer nOu ampe vi n jaar glad nie,,,ekke was al swanger maar daar was kompilkasies en het die baba verloor van dit is dit dat eke glad nie menstrueer nie,,,ma wat ekke yntlik wil weet kan ekke nog swanger word???Ekke vOel die afgelOpe week glad nie myself nie,,,ek bly mOeg eet my self dood,,word naar!!!dit vOel of my niere yt my rug wil klim e het n snaakse gvOel in my kOp amper soOs n kopseer,,,ekke vra manet raad as iemand my groot asb kan help!!!danki

    1. admin

      Hallo Greselda,

      Om ‘n jaar sonder menstruasie te wees is ‘n baie lang tyd en jy moet verkieslik so gou jy kan jou dokter gaan sien. Daar is baie redes hoekom jou menstruasie kan ophou, waarvan slegs een moontlikheid swangerskap is.
      ‘n Dokter sal jou ‘n deeglike ondersoek gee. Van die toestande waarvoor hy sal uitkyk is jou hormoonbalans, die anatomie van jou baarmoeder en serviks en of jou eierstokke korrek funksioneer. Nog van die toestande wat verlies van menstruasie kan veroorsaak is afwykings van die hipotalamus, die newe-effekte van sommige medikasie, sommige imuun-toestande en ook polisistiese eierstokke.
      Wanneer jy jou dokter gaan sien, maak seker hy ken jou hele geskiedenis en vertel vir hom van enige medikasies of natuurlike middels wat jy neem. Hy sal moontlik bloedtoetse laat doen en ook n volledige fisiese ondersoek.
      Wees versigtig met jou gesondheid en gaan sien eerder ‘n dokter.
      Sterkte en ons hoop jy voel spoedig beter!

  36. Kathleen

    Wat is die kanse dat ‘n vrou weer kan swanger raak nadat sy op gebind is.

    1. admin

      Daar is ‘n kans van ongeveer 0.5% gedurende die eerste jaar na die operasie en daarna verhoog die kanse effens tot omtrent 1%. Dit gebeur omdat die buise na ‘n jaar soms weer so toegroei dat ‘n eiersel weer sy pad na die baarmoeder kan vind.
      Die kanse is egter bitter skraal dat jy swanger sal raak na so ‘n operasie maar dit hang ook af watter metode die dokter gebruik het om die buise af te bind aangesien sommige metodes bietjie beter is as ander.
      Indien jy dink jy is swanger na ‘n buis-afbinding, doen so gou moontlik ‘n toets. Indien die toets positief is, gaan sien jou dokter so gou as moontlik omdat sommige swangerskappe wat spontaan gebeur na buis-afbinding ektopiese swangerskappe (buis swangerskappe) is, en dit ‘n gevaarlike toestand kan wees.
      Wees dus eerder versigtig indien jy vermoed jy is swanger maar het ‘n buis-afbinding operasie gehad.
      Buis-afbinding bly een van die maklikste en mees suksesvolle maniere om ‘n vrou te steriliseer en verdere swangerskappe te verhoed.

  37. VIOLET

    wil net weet hoe lank na gemeenskap (sex) sal jy weet of jy swanger is of nie, (dalk na 5dae of 6dae)

    1. admin

      Dit neem ongeveer 2 weke na omgang vir die embrio om gevorm en in die baarmoederwand ingeplant te word. Sommige toetse (tuis-swangerskapstoetse wat by winkels en apteke beskikbaar is) tel dit vroeg al op (2 weke na omgang), ander toetse neem langer omdat hulle nie die lae konsentrasie swangerskaphormoon kan optel nie, en werk gewoonlik eers ongeveer 2.5 – 4 weke na omgang.
      Bloedtoetse behoort swangerskap al 2 – 3 weke na omgang te kan bevestig.
      Sommige vroue voel al swanger voor ‘n toets dit wys, terwyl ander lank sonder enige ander simptome rondloop.

      1. Michele

        HI ek wil net raad vra, ek kry amper elke dag hoofpyne, maar is nie seker of dit my oe ook kan wees nie. Ek is nou vir my tweede maand op die MInesse pil, het vir 5 jaar ‘n marene ingehad. Wat is die kanse dat ek swanger kan wees? of kan hoofpyne ook ‘n teken van ‘bloeddruk’ wees?

        1. admin

          Minesse is ‘n lae-dosis kombinasie orale voorbehoedmiddel en daar word beweer dat dit minder newe-effekte as ander orale voorbehoedmiddels het.
          So ‘n tipe kombinasie voorbehoedmiddel poog om ovulasie te onderdruk en verander jou servikale mukus om sperms te verhoed om by ‘n eiersel uit te kom.
          Die kans om swanger te raak terwyl jy so ‘n pil gebruik is ongeveer 8 uit 100 per jaar. Indien jy swanger raak terwyl jy hierdie tipe pil gebruik moet jy onmiddelik ophou sodra jy uitvind, al behoort die pil geen skadelike newe-effekte op die baba te hê nie.

          Die newe-effekte van meeste kombinasie voorbehoedpille sluit in:
          Hoofpyn, ‘deurbraak bloeding’ (‘spotting’ deur die maand), verhoogde bloeddruk, seer en sensitiewe borste, naarheid, verandering van gemoedstoestand soos depressie
          Ernstige nagevolge van kombinasie-voorbehoedpille sluit ook in:
          Bloedklonte in die diepliggende bloedvate – sommige studies toon die kans is tot 300% groter met sommige van die kombinasie pille
          Dit beskerm nie teen kanker nie – die Wêreld Gesondheid Organisasie klassifiseer kombinasie voorbehoedpille as kategorie 1 karsinogeniese middels (dit verhoog die kanse op borskanker, servikale kanker en lewerkanker). Sommige studies is teenstrydig en beweer dat die kanse op borskanker wel kleiner is met gebruik van hierdie pille.
          Dit kan verhoogde kalium-vlakke in die liggaam veroorsaak.
          Dit kan verminderde libido en verhoogde vaginale afskeidings veroosaak.

          Noem jou simptome aan jou dokter en maak seker dit is nie iets anders wat dit veroorsaak nie. Sommige bronne beveel aan dat mens hierdie pille ‘n paar maande kans gee sodat jou liggaam gewoond kan raak aan die nuwe kombinasie van hormone.
          Jou simptome klink alles soos newe-effekte van hierdie tipe pil, maar dit is baie belangrik dat jy dit met jou dokter bespreek om ander toestande uit te skakel.

          Die enigste voorbehoedmiddel wat beide swangerskap en seksueel oordraagbare siektes tot ‘n mate verhoed is kondome. Dit het ook meestal geen newe-effekte of langtermyn risiko nie. Indien jy sleg reageer op hormonale voorbehoedmiddels kan jy ‘n ander metode met jou dokter bespreek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Powered by sweet Captcha