↑ Return to Swangerskap

Week vir Week

Klik op die week en lees meer oor hoe jou baba groei, hoe jy voel en wat jy nou kan beplan!

Swangerskap bestaan uit drie trimesters wat elk ongeveer drie maande lank is. In totaal duur ’n normale swangerskap 38 – 42 weke, dit is ongeveer 9 kalendermaande. Die gemiddelde swangerskap is 40 weke en die 40-weke datum is ook jou baba se berekende dag geboorte. Slegs 5% van babas word egter op die berekende dag van geboorte gebore en daarom moet mens van vroeg af reeds voorbereid wees.

Hier kan jy meer lees oor hoe jou baba ontwikkel tydens swangerskap, hoe jy voel gedurende daai tyd en wat jy stap vir stap en week vir week kan doen om solank voor te berei.

Elke baba is ’n geskenk en ’n wonderwerk! Lees meer oor hoe jou wonderwerk ontwikkel!

Al die weke is nog nie opgelaai nadat ons span die blad vernuwe het nie. Hou die spasie dop en hou van/ ‘like’ ons op Facebook sodat jy van elke nuwe verwikkeling kan weet! 

Klik HIER om te sien hoe word die weke omgeskakel na trimesters en maande!

Eerste Trimester

 

Tweede Trimester

 

Derde Trimester

  • Week 39
  • Week 40
  • Week 41
  • Week 42

 

 

 

 

 

 

 

Pin It

21 comments

Skip to comment form

  1. Jani

    Hallo julle

    Ek is absoluut mal oor die webwerf ek is nou 18weke swanger met my 2de enetjie en mis nie
    ‘n week nie. Julle is so goed vir die mammas van vandag, ek het ‘n boek gekry by my ma wat
    sy by haar ma gekry het en met vandag se tegnologie is hy nie eers nodig nie.

    Lekker dagie

  2. Sybil Motton

    Hi, ek wil net hoor of julle nog hierdie week Week 19 gaan opsit, want ek wag in spanning aangesien ek hierdie week by Week 19 trek. Baie dankie xx

  3. Corne

    Liewe Pienkvoete
    Die is seker die oulikste website ooit. Ek is na 7 jaar weer swanger met my vierde baba en voel so opgewonde. alles is weer vir my nuut en ek weet sommer ek en my man gaan die Pienkvoet websit deur lees. Kan nie wag vir die tyd wat voorle nie!

  4. Caroline du Plessis

    Hi,

    Ek is nou 33 weke swanger en mis die week vir week van pienkvoete. Wanneer gaan julle dit posit?

    Groete
    Caroline

    1. admin

      Ons werk stadig maar seker om al die weke te voltooi en dit na te gaan en dan op te sit. Dankie vir jou geduld en ondersteuning!

  5. Cormi Grobbelaar

    Goeie dag

    Ek is nou 19 weke swanger, en ek lees elke week wat met my en die babatjie gebeur. Is daar dalk ‘n moontlikheid dat ek week 19 erns sal kan kry asseblief. Dis sooooooo interessant en opwindend.

    Groete
    Cormi

    1. admin

      Baie dankie vir jou ondersteuning! Ons het daardie weke uitgelos en sal later teruggaan om dit te voltooi en te publiseer.

  6. Jeanine

    Hi julle, wil net hoor wanneer julle die webtuiste gaan opdateer vanaf week 27 weke? Ek is tweetalig, maar my man is ‘n “volbloed” afrikaner en sukkel om die engelse woorde en terme te verstaan, so dit is vir my nutteloos om die engelse webwerwe te besoek vir week tot week vordering. Omdat dit ook sy eerste kind is (my 3de), is hy baie opgewonde oor sy week tot week vordering. Groete Jeanine

    1. admin

      Ons werk tans juis om eerste al die weke se inligting te voltooi, na te gaan en te publiseer. Hou gerus ons blad of ons Facebook blad dop om te sien wanneer daar nuwe artikels verskyn.
      Dankie vir julle ondersteuning!

  7. Juanita de Wit

    Goeie dag,

    Wil graag julle raad hoor. Ek is nou 24 Weke Swanger en nou raak ek deur mekaar met die maande. Hoeveel maande is 24 Weke Swanger en dra ‘n vrou 9 of 10 maande.
    Sorry mar ek nou lekker deurmekaar.

    lekker daggie en dankie weereens vir julle uitstenkende blad. Ek verwys al my vriendinne na julle blad.

    Dankie

    1. admin

      Baie dankie vir jou verwysing en ondersteuning!

      Ons verwys jou na ‘n kort stukkie wat ons daaroor saamstel.
      Groete

  8. Este Brits

    Hi, Ek ‘love’ julle website. Dis iets uit ‘n ander wêreld. Gaan dit beslis aanbeveel aan familie en vriende.

    Ek is nou 27 weke swanger en sal graag meer wil oplees oor die groei van my baba dogtertjie. Dit sal goed wees om te weet hoe ver sy nou al vorder en van wat om te verwag.

    Groete – Esté

    1. admin

      Este,
      Baie dankie vir jou positiewe terugvoer en motivering vir die Pienkvoete span!
      Ons werk aan talle aspekte van die webblad en hoop om spoedig al die inligting voltooi en op die blad te hê!
      Vriendelike groete,
      Die Pienkvoete span

  9. Elize

    Sien daar is net tot by week 18 en dan week 21, maar waar is week 19 en 20 dan?

    1. admin

      Jammer Elize, ons het vooruit gespring omdat week 21, 22 en 23 aangevra is.
      Ons sal binnekort die ander ook plaas!

  10. Leandri

    Nou 24weke swanger sal graag 24weke en die res se inligting oor die ontwikkeling van baba te kan sien?

  11. Liandri

    Hi.

    Ek sal graag inligting wil he oor week 23 en 24 as dit moontlik is asb.

    Baie dankie

  12. Jackie

    Hi.

    Ek sal graag week 21 se inligting he.

    baie dankie

    Jackie Smith

    1. admin

      Reg so Jackie – ons sal aan die werk spring met die versoek!

  13. Annelize

    Nou 14 weke swanger, sal graag die volgende weke na mekaar wil sien, hoe vorder my baba.
    Dankie vir jul webtuiste, het dit sover baie hulpvaardig gevind, daar dit my eerste baba is
    Hoop om baie gou al die ander weke ook op die webtuiste te sien

    1. admin

      Sal ASAP die volgende weke begin plaas! Dankie vir jou ondersteuning!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Powered by sweet Captcha