«

»

Week 37

Wat gebeur met jou baba?swangerskap_week-37

Jou baba word nou as vroeg voltermyn beskou en jy kan verwag dat hy sonder komplikasies sal oorleef  indien hy nou gebore sou word.  Al sy organe is nou in staat om te werk buite die baarmoeder. Die volgende paar weke is egter belangrik vir hom om nog gewig op te tel en sterker te raak.

Baba se ingewande het nou al sy eerste stoelgang (poef) geproduseer wat hy na geboorte sal passeer. Dit bestaan uit die reste van vrugwater en selle wat in sy ingewande beland het en sal donker bruin tot swart van kleur wees – moet dus nie skrik daarvoor nie, dit is normaal.

Jou baba se kop behoort nou mooi in jou pelvis afgesak te wees. Jou eie pelviese gordel (bene) beskerm jou baba se koppie teen enige beserings van buite. Baba se lyfie het nou meer plek om te groei omdat jou maag kan rek om dit te akkomodeer. Hy groei egter nou stadiger en die vrugwater (amniotiese vloeistof) raak ook nou minder met die tyd.

Baba is nou al 49cm lank en weeg al 2.8kg!

Wat gebeur met jou?

Baie vroue ervaar nou ‘n nes-skrop instink en wil graag alles gereed kry vir die baba wat binnekort gebore moet word.  Jy kan egter ook verwag om nou weer vinnig uitgeput en kortasem te raak met die baba wat groot is en jou asemhaling beperk.

Sommige dokters doen op hierdie stadium ‘n pelviese ondersoek om jou baba se posisie en grootte vas te stel, asook die grootte en vorm van jou pelvis. Meeste vroue is egter in staat om normaal te kraam indien daar nie ernstige probleme teenwoordig is nie.

>> Gaan na week 38

 

Pin It

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>