«

»

Week 38

Wat gebeur met jou baba?

In week 38 is jou baba nog besig om sy donshaartjie, genoem lanugo, te verloor. Dit dryf in die vrugwater rond en hy kan daarvan insluk wanneer hy vrugwater drink. Dit sal deel wees van sy eerste stoelgang, genoem mekonium.swangerskap_week-38

Alhoewel al jou baba se organe gereed is vir die buitewêreld, begin sy traankliertjies nou  eers te vorm. Hy het hulle nie nodig in die eerste weke na geboorte nie en wanneer hy in die begin huil sal dit sonder trane wees.

As jy nie weet of jy ‘n seuntjie of dogtertjie gaan hê nie kan jy raai – dogtertjies is gewoonlik kleiner en is laer afgesak in die pelvis as seuntjies op hierdie stadium. Nogtans is elke swangerskap uniek en elke vrou se liggaam verskil van die ander. As jy nie wil weet wat die geslag van jou baba is nie, hou jou oë weg van die skerm af wanneer jou dokter ‘n sonar doen – jou baba se geslagsdele is nou al ten volle gevorm en duidelik sigbaar op ‘n sonar.

Alhoewel jou baba se longe nog besig is om die laaste bietjie ontwikkeling te ondergaan, is dit nou al in staat om goed te funksioneer as hy nou gebore sou word.

Teen week 38 is jou baba al omtrent 3kg tot 3.2kg en is al 49cm lank.

Wat gebeur met jou?

Dokters het bevestig dat die veiligste tyd vir ‘n baba om met ‘n keiser gebore te word, week 39 van swangerskap is. Hou dus die laaste paar dae uit indien jy haastig voel maar ‘n elektiewe keiser moet kry.

Indien jy natuurlik gaan kraam, lees solank meer oor posisies wat vir jou en baba sal help om kraam gemakliker sal maak.

 

 

Pin It

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>