«

Week 39

Wat gebeur met jou baba?

In die laaste vier weke het jou baba se breingrootte met 30% toegeneem. Hierdie asemrowende vinnige groeitempo hou so aan totdat jou baba 3 jaar oud is.week 39

Baba se vetlagie hou ook nou aan met toeneem en sy vel sal nie meer so deursigtig lyk nie, maar behoort effens pienk en sag te wees., in plaas van deurskynend wit. Soos baba in sy eerste jaar groei sal sy vel verander na die kleur wat dit sal wees wanneer hy volwasse is.

Jou baba se endokriene stelsel, wat verantwoordelik is vir hormoonproduksie, sal nou begin om gereed te maak vir geboorte. Tydens geboorte sal jou baba stress-hormone afskei  wat sy organe na geboorte sal help funksioneer.

Die plasenta voorsien op hierdie stadium vir jou baba van teenliggaampies wat hom sal help om kieme te beveg. Na geboorte voorsien jou borsmelk hierdie belangrike teenliggaampies.

Jou baba weeg nou omtrent 3.2kg en is al 50.5cm lank! Dit is omtrent so groot soos n klein waatlemoen!

Wat gebeur met jou?

Gewoonlik neem die tempo van gewigstoename vir jou nou drasties af.  Jou magie kan nou begin lyk of dit hang omdat jou baba in die pelvis afsak. Dit is meer opvallend by vroue waarby dit nie die eerste baba is nie. Wanneer jou baba afsak kan dit help om sooibrand, borspyn en kortasem te verlig.

Ondersoeke by die dokter of vroedvrou sal bestaan uit die meet van bloeddruk en urienmonsters neem om seker te maak dat jy nie preeklampsie ontwikkel nie.  Jou versorger sal ook jou baba se hartklop monitor en soms sal jou dokter ‘n servikale ondersoek doe nom te kyk of jy al ontsluit.

Pin It